On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Emfuleni-raadslid spring kaping vry

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:56 Tue, 14 May 2024

Emfuleni-raadslid spring kaping vry | News Article
Gerda Senekal. Foto: Facebook

“Toe ek nader kom, het hy ewe skielik die voorwerp in die pad laat val.”

“Om so ’n gebeurtenis helder oordag te aanskou is werklik skokkend vir my,” sê Gerda Senekal, VF Plus-raadslid in Emfuleni, nadat sy Dinsdagoggend (14/5) ’n noue ontkoming gehad het.

Senekal was op pad werk toe, net verby Rich Man Poor Man, toe sy ’n man in die middel van die pad sien staan. Die voorval het omstreeks 08:30 op die R42 op Vanderbijlpark plaasgevind.

Sy vertel dat die man ’n sak oor sy skouer gehad het asook ’n ongeïdentifiseerde voorwerp vasgehou. “Toe ek nader kom, het hy ewe skielik die voorwerp in die pad laat val.”

‘Ek het sommer in die teenoorgestelde rigting gery’

Ten spyte daarvan dat sy op spoed was, het Senekal daarin geslaag om uit te swaai, maar amper ’n boom getref. Haar motor het skaars tot stilstand gekom toe nog drie mans hul verskyning maak.

“Op daardie oomblik het instink ingeskop, en ek daarin geslaag om weg te jaag en sommer in die teenoorgestelde rigting gery. Ek het ’n ent verder stilgehou en my man en seun gebel. Ek het ook die polisie in kennis gestel.”

Hulle is terug na die toneel en het gesien dat die man doringdraad en lemmetjiesdraad oor die pad gegooi het. “Wat my kwaad maak, is die bedrieglike voorkoms van die man. Hy het skadeloos gelyk asof hy net besig was om goed langs die pad op te tel.”

‘Moenie verwag dat so iets net snags oor jou pad sal kom nie’

Senekal waarsku motoriste om dag en nag waaksaam te wees. “Dit is regtig vir my skokkend om te sien dat so iets helder oordag gebeur. Motoriste moet asseblief oplettend wees, al is dit negeuur in die oggend. Moenie verwag dat so iets net snags oor jou pad sal kom nie. Dit gebeur nou al helder oordag.”

Sy sê is dankbaar dat sy niks oorgekom het nie. “Ek dink daar was ’n hoër hand wat my beskerm het. Ek is regtig dankbaar. By die kantoor gekom, het ek gehoop dat daar bietjie iets sterkers was wat ek vanoggend in my tee kon gegooi het!”

Senekal, wat as ’n ystervrou beskou word en altyd bereid is om inwoners met hul munisipale probleme te help, is verlede jaar deur ’n moeilike tydperk nadat kolonkanker (fase 1) by haar gediagnoseer is.

Dit was haar tweede kankerstryd, want in 2018 is ovariumkanker by haar gediagnoseer, waarna sy in Januarie 2019 ’n histerektomie gekry het.

OFM Nuus/Charne van der Merwe

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.