On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Central SA

Sol Plaatje betreur elektrisiën se dood ná ontploffing

───   KEKELETSO MOSEBETSI 13:34 Wed, 15 May 2024

Sol Plaatje betreur elektrisiën se dood ná ontploffing | News Article
Sol Plaatje se munisipale hoofkantoor. Foto: OFM Nuus

“Ons betuig ons innige meegevoel met ons oorlede kollega se vrou, Bianca, drie kinders, ouers, broers, susters en uitgebreide familie.”

’n Sol Plaatje-elektrisiën het aan sy beserings beswyk nadat hy tydens ’n ontploffing by ’n substasie in Kimberley beseer is.

Enrico Jose Convivious is Dinsdagoggend (14/5) in ’n plaaslike privaat hospitaal oorlede. Hy het beswyk aan ernstige beserings van ’n ontploffing wat plaasgevind het terwyl hy Maandag (13/5) omstreeks 09:00 saam met drie ander kollegas by die Herculesstraat-substasie in Herlear ontbied is, sê Thabo Mothibi, munisipale woordvoerder. 

Die drie ander kollegas is buite gevaar, maar is steeds in die hospitaal.

“Ons betuig ons innige meegevoel met ons oorlede kollega se vrou, Bianca, drie kinders, ouers, broers, susters en uitgebreide familie. Inligting met betrekking tot die waak, gedenk- en begrafnisdienste sal in oorleg met die familie bekendgemaak word,” voeg hy by.

Die Kimberley-substasie is weer opgeknap ná die ontploffing. Foto verskaf

’n Biduur, gelei deur Thapelo Matlala, munisipale bestuurder, is vanoggend ter ere van Convivious in Kimberley se munisipale kantoor gehou. Die oorledene het in 2016 by die elektriese afdeling se instandhoudingspan aangesluit.

 Intussen het burgemeester Kagisho Sonyoni, vergesel van Sol Plaatje-raadslede, die drie beseerde kollegas gister in die hospitaal besoek ná ’n raadsvergadering. Hulle sal ook die bedroefde naasbestaandes besoek.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.