On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Vermeende verkragter van driejarige by kleuterskool bly in aanhouding

───   HEIDRÈ MALGAS 14:52 Fri, 17 May 2024

Vermeende verkragter van driejarige by kleuterskool bly in aanhouding | News Article
Lede van die Netwerk en Voorspraak vir Vroeëkinderontwikkeling het met plakkate buite die hof gestaan in steun van die driejarige slagoffer. Foto: Heidrè Malgas

“Na bewering het die kind probeer vlug, maar die verdagte het haar gevang en aangerand, voordat hy haar weer aangetrek het.“

Die jong man wat na bewering ’n driejarige kind in die kleedkamer van ’n kleuterskool in Bloemfontein verkrag het, het Vrydag (17/5) in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Die saak is uitgestel tot volgende Vrydag vir die formele borgaansoek. Die verdagte bly in aanhouding.

Die driejarige is na bewering Donderdag 9 Mei in die kleedkamer van die skooltjie in Phase 6 verkrag. Die kind het haar ma van die voorval vertel, wat dit by die polisie aangemeld het.

Na bewering het die kind probeer vlug, maar die verdagte het haar gevang en aangerand, voordat hy haar weer aangetrek het.

Vrystaatse Netwerk en Voorspraak vir Vroeëkinderontwikkeling. Foto: Heidrè Malgas

“Die Vrystaatse Departement van Onderwys ondersoek of ander kinders by die sentrum met sy 18 kinders nie dalk ook deur die verdagte seksueel misbruik is nie,” sê Howard Ndaba, Onderwys-woordvoerder.

“Sedert 2022 is die ECD-funksies van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling na die Departement van Basiese Onderwys oorgedra,” sê hy.

Hy het bygevoeg dat die departement mense aanmoedig wat belangstel om Vroeëkinderontwikkelingsentrums (ECD centres) te vestig, om leiding by die departement te soek en seker te maak dat hul sentrums geregistreer is en in die beste belang van die kinders bestuur word.

Lede van die Netwerk en Voorspraak vir vroeëkinderontwikkeling staan met plakkate buite die Bloemfonteinse landdroshof. Foto: Heidrè Malgas

Die departement het die sentrum onmiddellik gesluit en ouers aangeraai om hul kinders by geregistreerde sentrums in te skryf.

Lede van die Vrystaatse Netwerk en Voorspraak vir Vroeëkinderontwikkeling het buite die hof saamgedrom in steun van die slagoffer. Hierdie organisasie baklei hulle vir die regte van kinders en teen ongeregistreerde vroeëkinderontwikkelingsentrums in die Vrystaat.

Rebecca Lekaka, een van die lede, sê die sentrum waar die voorval plaasgevind het, is ongeregistreer en dit is een van die hoofredes waarom die voorval kon plaasvind. Sy sê die man het as ’n praktisyn opgetree, wat beteken hy het die jong kinders by die skool onderrig. “Ons het gehoor dat die driejarige nie goed vaar nie en berading sal ontvang na die afskuwelike daad.”

Hierdie organisasie baklei vir die regte van kinders en teen ongeregistreerde vroeëkinderontwikkelingsentrums in die Vrystaat. Foto: Heidrè Malgas

Die netwerk het hul afgryse uitgespreek en sal veg om te verseker dat die verdagte geen borgtog in enige van sy verskynings kry nie. Hulle het genoem dat die verdagte die hoogste vonnis vir die beweerde verkragting behoort te ontvang.

“Ons raai ouers aan om navorsing te doen en seker te maak die kleuterskole waar hulle hul kinders inskryf, is geregistreer, want hierdie ongeregistreerde sentrums spring op soos paddastoele, sonder behoorlike opleiding of veiligheidsmaatreëls by die skool,” sê Lekaka.

OFM Nuus/Heidrè Malgas mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.