On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

#GBVF: Noord-Kaapse moordenaar kry 20 jaar

───   09:33 Sat, 18 May 2024

#GBVF: Noord-Kaapse moordenaar kry 20 jaar  | News Article
Speursersant Stephany Koen is geloof vir haar noukeurige ondersoekwerk. Foto: SAPD

Moordenaar het haar liggaam daarna in ’n wildevarkgat versteek.

Die moordenaar Franklin Meas (49) is tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis in die Rondgaande Hooggeregshof in De Aar ná die moord op sy meisie (39) in Richmond op 30 Oktober 2023.

Die hof het tydens die verhoor getuienis aangehoor dat die beskuldigde sy meisie verskeie kere met ’n skerp voorwerp gesteek het. Dit het tot haar dood gelei en hy het haar liggaam daarna in ’n wildevarkgat versteek.

Die hof het Meas skuldig bevind en hom tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis vir moord en 6 jaar vir regsverydeling. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word. Hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola, het die ondersoekbeampte, speursersant Stephany Koen, geprys omdat sy noukeurig was deur al die nodige bewyse in die hof voor te lê en te verseker dat die oortreder van geslagsgebaseerde geweld (GBVF) aan die kaak gestel word.

OFM Nuus cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.