On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Verdagtes in Bloemfontein aangekeer danksy spanpoging

───   12:26 Sat, 18 May 2024

Verdagtes in Bloemfontein aangekeer danksy spanpoging | News Article
Die verdagtes se voertuig is op pad na Hamilton opgemerk. Foto: SAPD

Die polisie is in kennis gestel van verdagtes wat probeer om by ’n huis in te breek.

Twee verdagtes is in Bloemfontein vasgetrek weens ’n beweerde huisroof in Fichardtpark en sal binnekort in die landdroshof verskyn. Die polisie is Vrydag (17/5) in kennis gestel van verdagtes wat probeer om by ’n huis in te breek.

Plaaslike veiligheidsmaatskappye het gereageer en die verdagtes se voertuig, ’n Chevrolet-bakkie, is opgemerk op pad na Hamilton. Die verdagtes het uit die bakkie gespring en in verskillende rigtings gehardloop, het die Vrystaatse polisiewoordvoerder, Lorraine Earl, gesê. Lede van die Bloemfonteinse blitspatrollie, privaat sekuriteitsmaatskappye en gemeenskapspatrolleerders het die twee verdagtes aangekeer.

Die twee, onderskeidelik 39 en 42 jaar oud, is in hegtenis geneem weens die besit van ’n vermoedelik gesteelde voertuig. Die ondersoek duur voort.

OFM Nuus cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.