On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Bethlehem-vrou se bedrieglike belastingeise gestraf

───   09:13 Sun, 19 May 2024

Bethlehem-vrou se bedrieglike belastingeise gestraf | News Article

Sy het bedrieglike belastingeise ten bedrae van R1,5 miljoen vir die 2019-belastingseisoen ingedien.

Die handelsmisdaadhof in Bethlehem het Jeanette Nhlapo (38) gevonnis nadat sy skuldig gepleit het op ’n klag van bedrog teen die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

Die aanklagte teen Nhlapo spruit uit ’n voorval toe die maatskappy, waarvan sy mede-direkteur is, Castle Hill Trading, bedrieglike belastingeise ten bedrae van R1,5 miljoen vir die 2019-belastingseisoen ingedien het. Die maatskappy het versuim om bewyse te lewer van die transaksies.

Die saak is na die Valke se kommersiële misdaadondersoek in Bethlehem verwys vir verdere ondersoek.

Nhlapo het skuldig gepleit op vier aanklagte van bedrog en is gevonnis tot 'n boete van R300 000 of drie jaar direkte gevangenisstraf, wat geheel en al opgeskort word vir 'n tydperk van vyf jaar, op voorwaarde dat sy nie skuldig bevind word aan die oortreding van Artikel 235(1) van die Wet op Belastingadministrasie nie (28 van 2011). Vier van haar medebeskuldigdes, insluitend die maatskappy, is vrygespreek.

OFM Nuuscg




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.