On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Vrou van Parys vra hulp om geliefde papegaai te vind

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:37 Wed, 22 May 2024

Vrou van Parys vra hulp om geliefde papegaai te vind  | News Article
Foto Vaalweekblad

“Sy is geen gewone voël nie, sy noem my Ouma of Anet en sy kan tel.”

’n Inwoner van Parys glo haar papegaai lewe nog al is hy reeds ’n maand weg. Anet van Wyk en haar gesin het op 1 April na Randvaal in die Garthdale-omgewing verhuis. Sowat drie weke later het haar geliefde African Grey, Ashes, wat sy al sewe jaar het, weggevlieg.

“My kleinseun en sy vriend het buite gespeel toe hy my roep en sê Ashes het weggevlieg.” Sy vermoed iemand het die hok se hekkie oopgemaak. Van Wyk het Ashes twee weke lank gereeld opgemerk in ’n nabygeleë boom voor die papegaai heeltemal weggeraak het. Sy het pamflette laat maak en bied ’n beloning van R3 000 aan vir enige inligting.

Ashes lyk min of meer soos die African Grey. Foto: Pixabay

Sowat ’n week gelede het iemand haar gebel en gesê twee mans het ’n papegaai, wat amper nes Ashes lyk, vir R200 aan iemand op Vanderbijlpark verkoop.

Van Wyk het die koper gebel, waarna sy meegedeel is die papegaai is by die DBV. “Die vrou het vir my gesê die mans wat die papegaai aan haar verkoop het, het teruggekom en meer geld gesoek. Die polisie is glo betrek en gesê omdat die papegaai vermoedelik opgetel of gesteel is, moet die vrou hom DBV toe vat.”

‘Sy is geen gewone voël nie’

Van Wyk het Saterdag 11 Mei na die DBV op Vanderbijlpark gery nadat hulle gesê het sy kan kom kyk of die papegaai Ashes is. Daar gekom, het die DBV geweier dat sy die papegaai sien en later gesê die papegaai se eienaars het hom klaar kom haal.

“Ek moet haar kry. Sy ken nog nie die omgewing nie. Dit raak yskoud snags en ons is bekommerd oor haar. Sy is geen gewone voël nie, sy noem my Ouma of Anet en sy kan tel. Sy is ál een wat my kan kalm maak.”

Indien jy vir Ashes sien of enige inligting het, bel of whatsapp Anet by 079 211 2878.

OFM Nuus/Charné van der Merwe dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.