On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

55 onwettige immigrante in Welkom aangekeer

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:39 Wed, 22 May 2024

55 onwettige immigrante in Welkom aangekeer | News Article
Foto: iStock

“Gedurende die operasie was daar nege padblokkades en 51 deursoekings wat gelei het tot 254 individue en 111 voertuie wat deursoek is.”

Onwettige immigrante sal binnekort in die hof in Welkom verskyn nadat hulle in hegtenis geneem is tydens ’n operasie om ’n stokkie te steek voor onwettige mynbedrywighede.

“As deel van operasie Vala Umgodi, wat deur verskeie eenhede van die polisie op die Vrystaatse Goudveld uitgevoer is, is 55 onwettige immigrante die naweek aangekeer,” sê Stephen Thakeng, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Hy sê 42 onwettige immigrante, onder wie twaalf vroue, is Saterdag by die bushalte in Welkom in hegtenis geneem deur lede van operasie Vala Umgodi en amptenare van die Departement van Binnelandse Sake. Terselfdertyd het die weermag, die eenheid vir openbare orde, polisie, taktiesereaksie-eenheid en die plaaslike misdaadrekordsentrum saamgewerk en padblokkades in die myngebiede gehou.

Verskeie eenhede van die poliise was betrokke in die aankeer van die onwettige immigrante. Foto: SAPD

Thakeng sê gedurende die operasie was daar nege padblokkades en 51 deursoekings wat gelei het tot 254 individue en 111 voertuie wat deursoek is. Vier verkeersboetes is ook uitgereik. 

Die polisie het ook te voet gepatrolleer by die St. Helena-, Bambanani- en Eland-mynskag, spazawinkels, kitsbanke, die Tshepong- en Kopanong-myn, drie winkelsentrums en twee kragstasies.

‘Ses onwettige immigrante is aangekeer’

Lede van Operasie Vala Umgodi het Saterdag omstreeks 15:30 sewe imense vir oortredings van die Wet op Immigrasie aangekeer. Sondag omstreeks 20:00 het ’n gesamentlike operasie met immigrasiebeamptes in Doorn, Welkom, gelei het tot die inhegtenisneming van ses onwettige immigrante.

In 2023 het die Valke van Bethlehem tydens ’n intensiewe ondersoek vasgestel ’n plaas naby Fouriesburg word gebruik as ’n veilige deurgang vir gesteelde voertuie, asook Lesotho-burgers wat nie ’n paspoort het om die grens na Suid-Afrika oor te steek nie.

Ses onwettige immigrante is Sondag in Doorn, Welkom, aangekeer. Foto: iStock

Onwettige immigrante moet glo geld betaal aan die plaaseienaar, Makgauta Modiehi Mofokeng (40), en haar lewensmaat, Thabo Moji (31), het Fikiswa Matoti, Vrystaatse Valke-woordvoerder vroeër gesê.

’n Lokval is gestel en Mofokeng en Moji is in hegtenis geneem en daarvan aangekla dat hulle die onwettige deurgang toegelaat het. Mofokeng is ’n boete van R8 000 of agt maande tronkstraf opgelê wat vir drie jaar opgeskort, is terwyl Moji gevonnis is tot ’n boete van R1 000 of 30 dae tronkstraf, opgeskort vir ’n jaar.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.