On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse dokter in hoësorgeenheid ná skietery

───   KEKELETSO MOSEBETSI 10:59 Wed, 22 May 2024

Vrystaatse dokter in hoësorgeenheid ná skietery | News Article
Foto: OFM Nuus.

“Elke lewe is kosbaar en geweldsmisdaad is ’n negatiewe aanduiding van ons ontwikkeling as ’n land.”

Die polisie in die Vrystaat is op soek na verdagtes wat ’n dokter (26) in die Mofumahali Manapo Mopeli-streekhospitaal in Qwaqwa geskiet het.

“Die voorval het Dinsdag (21/5) omstreeks 20:00 plaasgevind toe gewapende rowers by die dokters se blyplek op die hospitaalterrein ingebreek het,” sê Mmako Mophiring, Vrystaatse polisiewoordvoerder. ’n Dokter wat kopstukke aangehad het, was verbaas toe hy omdraai en sien hoe sy kollega bloei.

Hy het gesien hoe twee onbekende mans, van wie een gewapen was, hul kamer binnekom. Hulle is van ’n selfoon beroof en hy is met ’n koevoet geslaan, maar het net ’n ligte besering opgedoen. Twee verdagtes het van die toneel gevlug. Nadat hy besef het sy kollega is geskiet, het hy hospitaal toe geneem.

‘Geen van sy lewensorgane is getref nie’

Die slagoffer is in ie hoësorgeenheid en geen van sy lewensorgane is getref nie, sê Mondli Mvambi, provinsiale gesondheidswoordvoerder. Mathabo Leeto, LUR vir Gesondheid, het sy skok uitgespreek oor die onverwagte gewelddadige inbraak in die hospitaalgebied deur onbekende aanvallers wat maklik ’n dokter se lewe kon geëis het.

“Elke lewe is kosbaar en geweldsmisdaad is ’n negatiewe aanduiding van ons ontwikkeling as ’n land. Ons veroordeel hierdie skietvoorval en baie ander voorvalle van geweldsmisdaad in enige deel van ons samelewing,” sê Leeto.

“Die voorval sal deeglik ondersoek word sodat ons verdere stappe kan doen om veiligheid in ons gesondheidsinstellings op te skerp. Ons dank die Here dat Hy die lewe van ons dokter gespaar het.”

OFM Nuus/ Kekeletso Mosebetsi dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.