On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Nog ’n Harmony-mynwerker oorlede

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:48 Thu, 23 May 2024

Nog ’n Harmony-mynwerker oorlede | News Article
Harmony-Phakisa-mynskag. Foto: Wikipedia

“Dit volg kort nadat nog ’n mynwerker op 3 Mei by Harmony Gold se Doornkop-myn, wes van Johannesburg, in ’n rotsstorting dood is.”

Nog ’n werknemer van Harmony Goud het sy lewe verloor, dié keer tydens ondergrondse skietwerk in die Phakisa-myn by Odendaalsrus op die Vrystaatse Goudveld.

“Naasbestaandes en kollegas is ingelig, terwyl die myn se bestuurspan bystand en ondersteuning aan die familie van die oorledene verskaf, sê Peter Steenkamp, uitvoerende hoof van Harmony. “Die Departement van Minerale en Energie, arbeidsverteenwoordigers en mynbestuur die oorsaak van die voorval ondersoek.”

Hy het ook verseker dat die veiligheid van hul werknemers ’n prioriteit by Harmony is en hulle poog om te verseker dat alle veiligheidsvoorskrifte te alle tye gevolg word. “Om hierdie boodskap te versterk en veiligheidsbewustheid te verhoog, is ’n veiligheidsdag onlangs by al die maatskappye gehou.”

Nog ’n mynwerker is op 3 Mei by Harmony Gold se Doornkopmyn, wes van Johannesburg, in ’n rotsstorting dood. Foto: Harmony Gold

Steenkamp het vroeër gesê dit spyt hom dat een van sy werknemers, wat as ’n rotsbooroperateur in diens was, sy lewe so tragies verloor het.

“Hierdie tragedie dien egter as ’n herinnering dat ons nooit selfvoldaan kan wees nie en dat baie meer gedoen moet word om ons doelwit van geen lewensverlies te bereik.

Volgens Suid-Afrika se mynsterftestatistieke het die aantal sterftes vanaf 2023 in die Suid-Afrikaanse mynbedryf sy laagste vlak bereik, met 54 aangetekende sterftes. Dis ’n toename vanaf die vorige jaar, toe 49 sterftes aangemeld is. 

‘Oor die algemeen het die getal noodlottige beserings sedert 2000 afgeneem’

In 2016 is altesaam 73 sterftes in die mynbedryf aangemeld vergeleke met 77 in 2015.

Die statistiek is deur minister Mosebenzi Zwane oor gesondheid en veiligheid bekendgemaak dat 30 mynwerkers dood is in die goudsektor, 27 in die platinumsektor en vier in die steenkoolbedryf.  Daar was egter nog twaalf mense wat hul lewe verloor het by ander myne, waaronder diamant-, chroom-, koper-, en ysterertsmyne.

OFM Nuus/Charné van der Merwe mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.