On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride James
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

3 732 mense, 2 207 voertuie in Noord-Kaap deurgesoek

───   HEIDRÈ MALGAS 11:01 Sat, 25 May 2024

3 732 mense, 2 207 voertuie in Noord-Kaap deurgesoek | News Article
Operasie Shanela is 'n operasie wat hoëprioriteitmisdaad in die provinsie aanspreek. Foto verskaf

In 'n kort tydperk het die spanne 'n beduidende impak op misdaad gemaak deur kontrolepunte te beman.

’n Totaal van 3 732 persone en 2 207 voertuie is gestop en deursoek deur die polisie in die Noord-Kaap tydens Operasie Shanela.

Operasie Shanela spreek hoë prioriteit misdaad in die provinsie aan.

In ’n kort tydperk het die spanne ’n beduidende impak op misdaad gemaak deur voertuigkontrolepunte, besoeke aan winkelsentrums en ongelisensieerde drankpersele, asook verskerpte polisiëringspatrollies, sê polisiewoordvoerder Cherelle Ehlers.

“Inspeksies is uitgevoer by vuurwapenhandelaars, drankpersele, handelaars van tweedehandse goedere, kommunikasietoerusting en skrootmetaal,” het Ehlers gesê.


Sy het bygevoeg dat die inspeksies gelei het tot die konfiskering van 'n beduidende hoeveelheid alkohol en die sluiting van drie ongelisensieerde drankpersele.

Noord-Kaapse Provinsiale Polisiekommissaris, lt.genl. Koliswa Otola het ’n multi-dissiplinêre parade in Kimberley toegespreek.

Ehlers sê Otola het alle rolspelers aangemoedig om onpartydig, waaksaam en oplettend te wees terwyl hulle hul pligte uitvoer en ’n benadering van geen verdraagsaamheid sal handhaaf teenoor verkiesingsoortredings ingevolge die Verkiesingswet, Wet 73 van 1998, nie.

Operasie Shanela sal voortgaan.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.