On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride James
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Twee vermeende moordenaars in aanhouding in Klerksdorp

───   HEIDRÈ MALGAS 11:51 Sat, 25 May 2024

Twee vermeende moordenaars in aanhouding in Klerksdorp | News Article
Die SAPD wil openbare veiligheid verseker. Foto: Kindel Media/Pexels

Beamptes het die voertuig deurgesoek en twee vuurwapens met ammunisie gevind, wat gelei het tot die onmiddellike inhegtenisneming van Mbatha en Sithole.

Twee verdagtes het Vrydag (25/5) voor die Klerksdorp-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Die verdagtes bly voorlopig in aanhouding tot Donderdag (30/5).

Nkululeko Mbekezele Mbatha (24) en Siyabonga Sithole (31) se aanklagte spruit uit ’n voorval op Woensdag (22/5) in Andrewstraat, Klerksdorp, toe Timotheo Kenntse (29) na bewering verskeie kere buite sy woning geskiet is. 

Nood- en Mediese Reddingsdienste (EMRS) het die slagoffer op die toneel dood verklaar, sê polisiewoordvoerder, Adéle Myburgh.

Die SAPD wil onwettige wapens van die strate verwyder. Foto: OFM

Sy sê die polisie het die verdagtes opgemerk in ’n silwer Hyundai op die N12 naby New Machavie, Potchefstroom. Beamptes het die voertuig deurgesoek en twee vuurwapens met ammunisie gevind, wat gelei het tot die onmiddellike inhegtenisneming van Mbatha en Sithole.

Lt.genl. Sello Kwena, die Provinsiale Polisiekommissaris van Noordwes, het die polisie geloof vir hul vinnige reaksie en effektiewe spanwerk. Hy het die wetstoepassers se toewyding beklemtoon om onwettige wapens van die strate te verwyder om openbare veiligheid te verseker.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.