On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride James
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Sewe vas ná transitorooftog naby Heidedal

───   HEIDRÈ MALGAS 11:02 Sun, 26 May 2024

Sewe vas ná transitorooftog naby Heidedal | News Article
Die toneel van die transitorooftog by Heidedal. Foto verskaf

“Soos vroeër berig is daar ’n skietgeveg, maar berigte dui nou daarop dat niemand beseer is nie.

Sewe verdagtes is aangekeer ná ’n transitorooftog buite ’n winkelsentrum naby Heidedal in Bloemfontein.

Die voorval het Saterdag (25/5) omstreeks 13:30 plaasgevind toe ’n sekuriteitsvoertuig deur die verdagtes in ’n BMW onderskep is, sê kapt. Lorraine Earle, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Soos vroeër berig was daar ’n skietgeveg, maar berigte dui nou daarop dat niemand beseer is nie. Earl sê die polisie het deur sy onderskeie eenhede en privaat sekuriteitspersoneel vinnig op die toneel gereageer.

“Die SAPD het klokslag gewerk en as gevolg van hul harde werk, is ’n intelligensie-gedrewe operasie van stapel gestuur en sewe verdagtes is by verskillende plekke rondom Mangaung opgespoor waar hulle weggekruip het. Hulle is vasgetrek,” sê sy.

‘Geld, twee vuurwapens, ’n AK-47 en ’n pistool is teruggevind’

Sy voeg by dat geld wat vermoedelik tydens die voorval gesteel is, twee vuurwapens, ’n AK-47 en ’n pistool met dertig rondes en twee motors is deur die span gedurende hierdie operasie teruggevind.

Voorts maan die polisie die publiek om nie na tonele van hierdie aard te stroom nie, soos in baie sirkulerende videogrepe gesien word, omdat hierdie gedrag nie net ’n bedreiging vir hul veiligheid inhou nie, maar hulle ook in die moeilikheid kan laat beland.

“Daar kan forensiese bewyse wees wat ’n individu by die toneel plaas, selfs al was hulle nie by die misdaad betrokke nie,” sê sy.

‘Span geloof vir vinnige optrede‘

Die polisie doen ’n beroep op diegene met inligting wat van hulp kan wees in hierdie saak, om eerder die inligting te verskaf deur Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak of anoniem deur die MySAPS-app.

Lt.genl Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het die span geprys vir hul vinnige optrede om die oortreders binne ’n baie kort tyd ná die voorval vas te trek.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.