On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Sewejarige seun verdrink glo in kanaal by Upington

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:35 Mon, 27 May 2024

Sewejarige seun verdrink glo in kanaal by Upington | News Article
Benedict Markus; Foto verskaf

“Na bewering het Benedict Markus en nog ander kinders by die kanaal gespeel toe hy verdrink het.”

Die gemeenskap is in rou gedompel ná die dood van ’n seuntjie (7) van Louisvale by Upington. 

Die gr.1-leerder van die Intermediêre Skool Frank Biggs het vermoedelik verdrink. Die polisie het met ’n geregtelike doodsondersoek begin nadat ’n kleuter Vrydag (24/5) in ’n kanaal naby Louisvale verdrink het,

Benedict Markus en nog ander kinders het by die by die kanaal gespeel toe hy verdrink het. Die omstandighede rondom sy dood word nog ondersoek. “Noodbehandeling is toegepas, maar hy is op die toneel dood verklaar,” sê Omphile Masegela, Noord-Kaap polisiewoordvoerder. 

‘In 2023 is Bella-Ame Scherman (17 maande) dood’

In 2023 is Bella-Ame Scherman (17 maande) dood nadat sy in ’n eendedam verdrink het. André en Kayla Scherman van Hartbeespoort in Noordwes het by Kayla se ouma Bertha Botha op ’n kleinhoewe in Mooinooi, Noordwes, gekuier. Kayla en Bertha was besig om vleis uit te pak en André was op pad buitentoe om met ander mense, wat ook op die kleinhoewe woon, te gesels.

Hy het Bella-Ame gevra of sy wil saamkom, maar sy wou by haar ma bly. Ongeveer 10 minute later toe Kayla en Bertha uit die huis kom, het André gesien Bella-Mae is nie by hulle nie.

‘Sy is egter die volgende dag dood’

Die vroue is terug in die huis om na Bella-Ame te soek en André is na die eendedam. Daar gekom, het hy sy dogter se rooiblonde krulhare in die water gesien. Hy het vir Kayla geskreeu om die ambulans te bel en noodbehandeling begin toepas.

Die paramedici het haar stabiliseer en sy is per helikopter na die Garden City-hospitaal in Johannesburg vervoer. Sy is egter die volgende dag dood. Bella-Ame het vermoedelik gaan kyk na die makoue toe sy in die dam beland het. 

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.