On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Springfontein: Jong moordverdagte weer Donderdag in hof

───   14:03 Tue, 28 May 2024

Springfontein: Jong moordverdagte weer Donderdag in hof | News Article

Dit was vir hulle ’n groot skok toe hulle Sondagoggend die oproep van die polisie kry met die doodstyding.

’n Jong man van Springfontein in die Suid-Vrystaat verskyn na verwagting weer Donderdag (30/5) in die landdroshof op aanklag van moord. 

Volgens ooggetuies het die verdagte en Breyton van Wyk (albei 18) ’n onderonsie oor ’n bier gehad. “Die verdagte het na bewering sy mes uitgepluk en Van Wyk noodlottig in sy nek gesteek,” sê Lorraine Earle, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Die voorval het Sondag (26/5) in die vroeë oggendure plaasgevind. Die polisie is na die Mapodi-township, Springfontein, ontbied waar hulle die liggaam van Van Wyk gevind het.

‘Hy was ’n getroue en agtermekaar werker’

Marlene Heymans wat boer op die plaas Vlugkop, waar Breyton gewerk het, sê hy was ’n getroue en agtermekaar werker. Hy het altyd die tweede myl geloop om seker te maak sy werk is gedoen.

Dit was vir hulle ’n groot skok toe hulle Sondagoggend die oproep van die polisie kry met die doodstyding. Die verdagte het Maandag die eerste keer in die landdroshof verskyn.

OFM Nuus/Serijke Grobler dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.