On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

#OFMElectionWatch: Politici bekommerd oor probleme by Vrystaatse stemlokale

───   CASEY-LEE ANTHONY 12:42 Wed, 29 May 2024

#OFMElectionWatch: Politici bekommerd oor probleme by Vrystaatse stemlokale | News Article
Kiesers staan in rye by hul stemlokaal, gereed om hul kruisies te trek. Foto: Casey-Lee Anthony

“Kiesers ontvang net die twee stembriewe, wat beteken dat hulle nie hul demokratiese reg ten volle kan beoefen nie.”

Die DA-premierskandidaat vir die Vrystaat, dr. Roy Jankielsohn, het sy bekommernisse uitgespreek oor die kwessies wat vanoggend by verskeie stemlokale in Bloemfontein ontstaan het.

Jankielson, wat gister in Bethlehem gestem het, sê hy is baie ontevrede oor die wyse waarop die proses gister by die spesiale stemlokale in Bethlehem gevoer is, asook die kwessies waarmee kiesers vandag in Bloemfontein te kampe het.

“Een van die meer ernstige probleem wat ons ondervind het, is dat dit kiesers in sekere plekke nie toegelaat word om op ’n stembrief te stem nie, terwyl hulle geregistreer is vir al drie stembriewe, en ons wil ons kiesers aanmoedig om te verseker dat hulle al drie stembriewe kry deur die stempunt,” sê hy.

Jan van Niekerk, Vrystaatse VF-leier, het ook die partye se ontevredenheid uitgespreek oor die kwessies waarmee sommige kiesers te doen gekry het wat voorheen voortdurend in een wyk gestem het, maar nou na ander plekke verskuif is sonder enige rede deur die OVK.

Hy het verder sy kommer uitgespreek oor die kwessie van kiesers wat net op twee stembriewe kan stem, terwyl daar veronderstel is om drie stembriewe te wees. Hy het gesê dat kiesers moet onthou dat hulle nie moet vertrek sonder om op al drie stembriewe te stem soos hulle geregistreer het om te doen nie.

’n Stelselvertraging is onder die OVK se aandag gebring by Bloemfontein South High School, waar kiesers slegs toegelaat word om oor die nasionale en provinsiale stembrief te stem en meegedeel word dat hulle nie vir die derde stembrief gekwalifiseer het nie.


Bloemfontein Courant het berig: “Daar is ’n probleem met die OVK-stelsel. Wanneer die ID geskandeer word, sien dit nie dat jy op die drie stembriewe kan stem nie. 

“Hulle reik net die nasionale en provinsiale stembriewe uit en mense kan nie op die streekstembrief stem nie. Hulle sê hulle moet wag vir iemand van die OVK se provinsiale kantoor om dit reg te maak,” het die kieser gesê.

Sy het bygevoeg dat die kiesers slegs die twee stembriewe ontvang wat beteken dat hulle nie hul demokratiese reg ten volle kan beoefen nie.

Die OVK sê hy ondersoek die saak en sal weldra reageer.

OFM Nuus/Casey-Lee Anthony mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.