Central SA
#OFMElectionWatch: Noordwes-polisie rig streng waarskuwing teen ontwrigting van verkiesing─── DANE BEISHEIM 13:55 Wed, 29 May 2024

“Kiesers moenie ter elfder ure gaan stem nie, aangesien dit tot lang toue en vertragings kan lei.”
Die polisie in Noordwes geniet die ondersteuning van hul kollegas in die veiligheidsektor, sowel as die samewerking van die gemeenskap. Dit dra daartoe by dat die 2024 nasionale en provinsiale verkiesing in die provinsie tot op hede redelik glad verloop.
Dit is volgens genl.maj. Patrick Asaneng, adjunkkommissaris van die polisie in Noordwes.
Asaneng het in die aanloop tot die verkiesing ’n streng waarskuwing gerig aan diegene wat van plan is om die verkiesing te ontwrig deur gewelddadige betogings te hou.
Hierdie waarskuwing het gevolg nadat betogings by gebiede soos Taung en Rustenburg aangemeld is, wat sommige stemlokale verhinder het om betyds oop te maak.
North West police fire rubber bullets at protesters in Taung. This is as millions cast their vote. eNCA's Bafedile Moerane has more details. #DStv403 #eNCA #ElectionDay pic.twitter.com/fRm8wHm0lP
— eNCA (@eNCA) May 29, 2024
Verder maan Asaneng voornemende kiesers om nie ter elfder uur te gaan stem nie, aangesien dit tot lang toue en vertragings kan lei. Daar is ook ’n veiligheidsaspek hieraan verbonde.