On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Gerben
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

#OFMElectionWatch: ANC voorsien volstrekte meerderheid in Noordwes

───   DANE BEISHEIM 16:49 Wed, 29 May 2024

#OFMElectionWatch: ANC voorsien volstrekte meerderheid in Noordwes | News Article
Die ANC is vol vertroue dat hy in Noordwes sal seëvier. Foto: Kekeletso Mosebetsi

“Opposisiepartylede probeer ons uitlok, sodat ons vrywilligers moet reageer.”

Die ANC is vol vertroue hy sal seëvier in Noordwes, gegrond op sy vertoning in die onlangse tussenverkiesings waar hy slegs een wyk in Maquassi Hills nie gewen het nie.

Thumelo Maruping, ANC-woordvoerder, skryf dit toe aan die “harde werk wat die ANC in Noordwes doen” en sê hulle is tentatief positief vir ’n beduidende oorwinning in Noordwes.

Volgens Maruping geniet die ANC veral goeie ondersteuning in Moretele, Taung, en Matlosana – na aanleiding van voorlopige syfers wat steeds deur die OVK geverifieer moet word.

Gevra oor voorvalle in die provinsie waar sy en ander partye se lede glo met mekaar slaags geraak het, pak hy die skuld op die ander partye. “Opposisiepartylede probeer ons uitlok, sodat ons vrywilligers moet reageer, wat tot chaos lei.

“In Mamusa het hulle een stemlokaal ’n uur lank gesluit. Maar, die polisie het ingegryp en daardie stemlokaal is intussen geopen en mense stem daar. Die opposisie se enigste uitweg is om chaos te saai,” sê Maruping.

OFM Nuus/Dane Beisheim mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.