Central SA
#OFMElectionWatch: Geen voorvalle oornag by Noordwes-polisie aangemeld─── DANE BEISHEIM 10:01 Thu, 30 May 2024

Polisie wat in die provinsie ontplooi is, moes rubberkoeëls inspan om groepe betogers in die platinumgordel uiteen te jaag.
Geen ernstige voorvalle is oornag ná die verkiesing by die polisie in Noordwes aangemeld nie.
Beamptes is steeds besig om te verifieer of enige Kieswetsake vandag geregistreer is, sê Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder.
Polisie wat in die provinsie ontplooi is om ’n vrye en regverdige verkiesing te verseker, moes rubberkoeëls inspan om groepe uiteen te jaag wat by stemlokale in die provinsie se sogenaamde platinumgordel betoog het.
#sapsNW With their sights set on safety and security, and maintaining law and order, during the #SAelections24, #SAPS members in Rustenburg, North West Province are ready to ensure a peaceful and safe environment during and post-election period. #ElectionsSafety ME pic.twitter.com/bXEZ0iR3on
— SA Police Service ???? (@SAPoliceService) May 28, 2024
Betogings is op Taung sowel as in Rustenburg aangemeld, wat sommige stemlokale verhinder het om Woensdag (29/5) betyds oop te maak.
Genl.maj. Patrick Asaneng, Noordwes se adjunk-polisiekommissaris, het gister ’n streng waarskuwing gerig aan diegene wat agter sulke betogings sit, en herhaal dat die polisiediens sulke optrede nie sal duld nie.
Intussen is die OVK steeds besig om die stemme na te gaan en te verifieer.