On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

#OFMElectionWatch: ANC, DA en EFF loop landwyd voor

───   CASEY-LEE ANTHONY 10:31 Thu, 30 May 2024

#OFMElectionWatch: ANC, DA en EFF loop landwyd voor | News Article
OVK se Provinsiale Verkiesingsbeampte in die Vrystaat, Jabulani Tshabalala. Foto: Morgan Piek

“En dit kan nog wys dat die MK by die EFF oorneem as die derde grootste politieke party in die Vrystaat.”

Suid-Afrikaanse kiesers het Donderdag (30/5) wakker geword met nog slegs ’n vae indruk van wat die verkiesingsuitslae vir die land kan inhou.

Die tellery het dadelik begin nadat stemlokale gisteraand gesluit het, en sal vandag voortgaan.

Tot dusver loop die ANC, EFF en die DA voor in die Vrystaat. Die ANC sal bes moontlik weer regeer, maar met ’n kleiner meerderheid as ná 2019 se provinsiale verkiesing.

Hoewel die telproses nog nie geëindig het nie, en die resultate steeds wissel tussen die drie partye, kan die eindresultaat dus heeltemal anders wees aangesien slegs 13% van die stemme vasgelê is.


“Die nasionale syfers lyk soos volg: Die ANC het sowat 42% van die steun, die DA sowat 26%, die EFF sowat 8% en MK sowat 7%,” sê Theo Venter, politieke ontleder, by die OVK-hoofkantoor. “Ons verwag die ANC se steun sal toeneem na hoër in die 40%, terwyl die DA te staan sal kom op tussen 20% en 23%.”

Nasionaal lyk die resultate soortgelyk aan die Vrystaat, maar die MK-party is stadig besig om op te tel. “En dit kan nog wys dat die MK by die EFF oorneem as die derde grootste party in die Vrystaat, maar die provinsie se uitslae is nog nie op so ’n vlak waar ons kan voorspellings maak nie.”

In die vorige verkiesing het die ANC 57,50% van die stemme nasionaal gekry, die DA 20,77% en die EFF 10,88%.

OFM Nuus/Casey-Lee Anthony cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.