On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

#OFMElectionWatch: Vrystaatse polisie verseker veilige, regverdige verkiesing

───   CASEY-LEE ANTHONY 14:05 Thu, 30 May 2024

#OFMElectionWatch: Vrystaatse polisie verseker veilige, regverdige verkiesing | News Article
Geen ernstige voorvalle is aangemeld nie. Foto: Morgan Piek

“Die sake waar geen inhegtenisnemings uitgevoer is nie, sal nog ondersoek word en onder die aandag van die direkteur van openbare vervolging gebring word.”

Nadat die verkiesing tot ’n einde gekom het, is geen ernstige misdrywe aangeteken nie en geen oproerigheid is onder die aandag van die Vrystaatse polisie gebring nie.

“Ons het totale sigbaarheid aan ons gemeenskappe belowe en dit is wat die polisie in die Vrystaat gelewer het,” sê Sam Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder. “As provinsie het ons net lae en medium brandpunte gehad.

“Maksimumontplooiings is in die gebiede gedoen in die vorm van reaksie-eenhede wat deur die provinsiale lugvleuel ondersteun word, wat lugondersteuning aan werkers bied.”  

Hoewel daar geen ernstige voorvalle aangemeld is nie, het ’n paar verspreide gebeure plaasgevind waarop die polisie vinnig gereageer het. 

’n Vrou (69) is in hegtenis geneem en sal in die Sasolburgse landdroshof verskyn, nadat ’n video van haar op sosiale media wys hoe sy plakkate van ’n politieke party van ’n paal verwyder het.

Nog ’n 69-jarige van Sasolburg het ontwrigting veroorsaak terwyl beamptes besig was met waarnemingspligte by ’n laerskool op die dorp. Polisiebeamptes het haar genader om haar te kalmeer, maar in plaas daarvan het sy een van hulle aangeval.

Sy is in hegtenis geneem en aangekla van aanranding en die verhindering van ’n polisiebeampte in die uitvoering van hul pligte en die oortreding van die Kieswet.

“Dit is min en nie die ernstige sake wat geopen is. In die sake waar nog geen inhegtenisnemings uitgevoer is nie, sal ondersoeke gedoen word en onder die aandag van die direkteur van openbare vervolging gebring word.”

“Die verdagtes wat in hegtenis geneem is, sal in hul onderskeie howe verskyn terwyl ondersoeke voortduur,” sê Makhele. “Polisie-ontplooiings duur voort by plekke van belang in die provinsie.”

Terwyl die stemtelling sy halfpadmerk nader, groei die uitslae geleidelik in die rigting wat vanoggend genoem is, waar die ANC, DA en EFF in die topdrie is.

Die OVK moet nog aankondig wanneer hy klaar getel sal wees, maar mense word aangeraai om die uitslae op die OVK se webtuiste te volg.

OFM News/Casey-Lee Anthony cg/mvh


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.