On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Drie vermeende rowers met polisie-uniforms vasgetrek

───   06:15 Wed, 05 Jun 2024

Drie vermeende rowers met polisie-uniforms vasgetrek  | News Article
Ses pette met polisiehandelsmerke en drie vuurwapenholsters is in hul Ford Ranger King-kajuit gevind. Foto: EMPD

“Hulle het na bewering ’n motoris op die N3 beroof nadat hulle hom met blou ligte en ’n sirene van die pad afgetrek het.”

Die Ekurhuleni-metropolisie het drie vermeende rowers in Bedfordview op Gauteng se Oos-Rand in hegtenis geneem wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het. Die mans, tussen 29 en 50 jaar oud, is met polisie-uniforms, -toerusting en vuurwapens betrap.

Hulle het na bewering ’n motoris op die N3 beroof nadat hulle hom met blou ligte en ’n sirene van die pad afgetrek het. Die slagoffer is van R10 000 kontant, amptelike dokumente, motorsleutels en sy gelisensieerde vuurwapen beroof.

Kelebogile Thepa, EMPD-woordvoerder, sê die verdagtes is in Birch Acres, Kempton Park, en Tembisa vasgetrek.

“Beamptes het vyf 9 mm-pistole, ’n Scorpion-aanvalsgeweer, ’n draagbare blou lig met sirene, kontant, twee slimfone, ses pette met polisiehandelsmerke en drie vuurwapenholsters in hul Ford Ranger King-kajuit gevind.

“Die verdagtes sal na verwagting binnekort voor die hof verskyn op aanklagte van die besit van ongelisensieerde vuurwapens, die besit van polisie-uniforms en -toerusting, asook gewapende roof.”

OFM Nuus cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.