On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

JB Marks ontken gerugte van 33 uur lange kragonderbreking

───   ZENANDE MPAME 06:00 Thu, 06 Jun 2024

JB Marks ontken gerugte van 33 uur lange kragonderbreking | News Article
JB Marks ontken 33 uur lange kragonderbreking. Foto: Facebok/JB Marks Municipality

“Boodskappe wat op sosiale media gestuur word oor ’n kragonderbreking is onwaar.”

Talle boodskappe het op sosiale media die ronde gedoen oor ’n 33 uur lange kragonderbreking wat op inwoners van Potchefstroom wag.

Jeanette Tshite, JB Marks-woordvoerder, het bevestig die boodskappe wat lui Eskom beplan die kragonderbreking om ’n lekkende transformator te herstel, is onwaar.

Die stad het Sondag (2/6) ’n kragonderbreking beleef nadat ’n transformator by een van die substasies afgeslaan het.

Die boodskap wat ronde doen op sosiale media. Foto: Verskaf

“Ek kan bevestig dat ek met die munisipale direkteur gepraat het en die boodskappe oor ’n drie dag lange onderbreking vir die inwoners van JB Marks is heeltemal vals,” het Tshite gesê. “Inwoners van Potchefstroom en omliggende gebiede het Sondag (2/6) ’n onderbreking gehad, tegnici is ontplooi en krag is omstreeks vyfuur die middag herstel.

“By ondersoek het hulle vasgestel dat albei 132kv/88kv-transformators by Potch DS-substasie uitgeskakel het,” het sy gesê.

Tegnici het bevind dat ’n fout op die kraglyn wat energie aan die Potch DS Substasie verskaf, die oorsaak van die uitskakeling was. Nadat die fout geïsoleer is, is die krag weer aangeskakel.

Mediaverklaring oor die kragonderbreking Sondag. Foto: Facebook/JB Marks Municipality

Intussen het inwoners van Promosa Donderdag 23 Mei ’n betoging gehou weens die herhalende kragonderbrekings wat die derde agtereenvolgende week voorkom en ongekende ontwrigting veroorsaak.

Potchefstroom Herald berig die elektrisiteit is aanvanklik om middernag afgesny en die volgende oggend om 06:00 herstel. Die gemeenskap het hierdie onderbrekings sonder protes geduld.

Toe die onderbrekings egter vroeër in die aande begin voorkom, het die inwoners van Promosa besluit om op te tree deur die pad met brandende bande te versper. Enkele minute nadat hulle die brande gestig het, is die krag herstel.

‘Die kragonderbreking was geskeduleer weens die swaar reën’

“Die burgemeester is gekontak en hy het belowe om die gemeenskap op Vrydagoggend 24 Mei toe te spreek om ’n oplossing vir hul kragprobleme te vind,” het Tshite gesê.

In November het die munisipaliteit ’n kragonderbreking van 33 uur beplan, weens transformators wat olie lek en dringend herstel moet word om ernstige skade te voorkom.

’n Week later is die kragonderbreking herskeduleer weens die swaar reën in die stad.

OFM Nuus/Zenande Mpame mc

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.