On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Resultate bekend ná herroeping van Benylin-stroop

───   11:07 Thu, 06 Jun 2024

Resultate bekend ná herroeping van Benylin-stroop | News Article
Foto verskaf

“Die toetse het nie spore van diëtileenglikol in dié groepe gevind nie.”

Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) het in April as ’n voorsorgmaatreël twee groepe van Benylin se pediatriese stroop (bondelnommers 329303 en 329304) herroep in reaksie op gerapporteerde hoë vlakke van diëtileenglikol. 

Die waarskuwing is deur die Nigeriese nasionale agentskap vir voedsel-dwelmadministrasie-en-beheer gerig. Die herroeping is gedoen as ’n voorsorgmaatreël om lewens te beskerm, terwyl Sahpra die gerapporteerde hoë vlakke van diëtileenglikol ondersoek het.

As die nasionale gesagsowerheid vir gesondheidsprodukte in Suid-Afrika implementeer Sahpra die herroeping van gesondheidsprodukte om aandag te gee aan veiligheids- of gehaltekwessies in belang van openbare gesondheid.

As deel van die ondersoek het Sahpra monsters van die twee groepe Benylin-stroop deur ’n onafhanklike laboratorium laat toets. ’n Metode is gebruik wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie ontwikkel is. Die toetse het nie spore van diëtileenglikol in dié groepe gevind nie. Dit dui aan dat eenhede van groepe 329303 en 329304 wat by die vereiste temperatuur gestoor is nié onaanvaarbare vlakke van diëtileenglikol bevat nie.

Die medisynewaghond wil ook aandui dat daar geen rekord is van enige nadelige reaksies wat verband hou met dié twee herroepte groepe in Suid-Afrika of enige ander plek waarheen dit uitgevoer is op die vasteland nie.

“Sahpra sal aanhou om mediese produkte wat die potensiaal het om onaanvaarbare vlakke van diëtileenglikol te bevat, noukeurig te monitor. En ons sal aanhou om aandag te skenk veiligheids- of gehaltekwessies, sodat die gesondheid van die publiek beskerm word,” sê dr. Boitumelo Semete-Makokotlela, Sahpra se uitvoerende hoof.

OFM Nuus cg/mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.