On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Central SA

Premier Saul ‘ontevrede’ met Noord-Kaap se uitslae

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:33 Thu, 06 Jun 2024

Premier Saul ‘ontevrede’ met Noord-Kaap se uitslae | News Article
Dr. Zamani Saul. Foto: Facebook

“Uit die 30 setsels het die PA drie gekry, die DA sewe en die EFF vier, terwyl die VF Plus sy enigste setel behou het.”

Die ANC het sy volstrekte meerderheid in die Noord-Kaapse wetgewer vir die eerste keer sedert 1994 verloor.

In Woensdag (29/5) se verkiesing het die ANC 49,34% van die stemme gekry, die DA 21,19%, die EFF 13,25%, die PA 8,64% en die VF Plus 1,83%.

Uit die 30 setels het die PA drie, die DA sewe en die EFF vier gekry, terwyl die VF Plus hul enigste setel behou het.

Dr. Zamani Saul. Foto: Facebook

Hoewel die ANC nie tevrede is met die verkiesingsuitslag nie, sê dr. Zamani Saul, die ANC se provinsiale voorsitter en die huidige premier, respekteer hy die demokratiese uitslag. “Ons is vasbeslote om die provinsie terug te wen (en weer te regeer) soos in vorige jare.”

Die ANC se aandeel van die stemme het gedaal van 63,8% in die 2014-verkiesing tot 58% in 2019, en nou tot onder 50%.

Ten spyte van hierdie afname het die ANC steeds die meeste stemme gekry, wat die gesamentlike totaal van die vier grootste opposisiepartye in die Noord-Kaap oortref.

Saul beklemtoon dat die party oorheersende politieke mag behou, omdat die 195 000 stemme wat die party verwerf het, die gesamentlike totaal van die vier grootste opposisiepartye oorskry.

“Ons gaan ’n deeglike ontleding doen om ons foute en swakhede te identifiseer, met die fokus op voorbereiding vir die munisipale verkiesing in 2026 en die versterking van partystrukture.”

Dr. Zamani Saul. Foto: Facebook

Volgens Saul is die party nie besig om kiesersvertroue te verloor nie. Hy het sê dat die lae stempersentasie daartoe gelei het dat die party se steun afgeneem het. “ ’n Stempersentasie van 75% sou beter resultate vir die ANC opgelewer het.”

Wat koalisieonderhandelinge betref, het Saul gesê dat die ANC ontvanklik is vir gesprekke met enige party, hoewel hy dit duidelik gemaak het dat hy nie die premierskap sal onderhandel nie.

OFM Nuus/Charne van der Merwe

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.