On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Diamantveld verbeter sportgeriewe vir groot toernooie

───   CASEY-LEE ANTHONY 14:38 Fri, 07 Jun 2024

Diamantveld verbeter sportgeriewe vir groot toernooie | News Article
Voorstelling van hoe dit paviljoen sal lyk wanneer dit voltooi is. Foto verskaf

“Dit gons by ons skool, want die leerders kan nie wag om voor die pas geboude pawiljoen te speel nie.”

Veranderinge word uiteindelik gemaak aan die 40 jaar oue paviljoen van die Hoërskool Diamantveld in Kimberley.

Die ABSA Wildeklawer gashere het besluit om dié paviljoen wat oor die jare derduisende toeskouers gehuisves het, byvoorbeeld vir Classic Clashes, uit te brei en op te knap.

“Die besluit is geneem om meer toeskouers te akkommodeer tydens die ABSA Wildeklawer Sporttoernooi wat jaarliks by ons skool plaasvind en vir die onderskeie rugbywedstryde en sportbyeenkomste wat plaasvind,” sê Janco Steenkamp, Diamantveld se kommunikasiebeampte.

Diamantveld Paviljoen. Foto verskaf

Om die bou en skepping van die paviljoen te finansier, het die skool verskeie insamelingsgeleenthede aangebied, asook die protokol gevolg om plaaslike (Kimberley-gebaseerde) persone/maatskappye te nader om te help. Hulle het ook van ’n oudleerlerargitek gebruik gemaak.

“Tekeninge vir munisipale goedkeuring is reeds by die Sol Plaatje-munisipaliteit ingedien. ’n Vergadering met potensiële maatskappye is op 30 Mei gehou waar die projek bespreek is sodat tenders deur die onderskeie maatskappye ingedien kan word. Hierdie tenders sluit einde Junie,” het Steenkamp bygevoeg.

Die energie by die skool gons behoorlik, want die leerders kan nie wag nie om voor die pas geboude pawiljoen te speel nie. Na verwagting sal dit teen April klaar wees. 

Krieketnette. Foto verskaf

Benewens die pawiljoenopknapping word die krieketnette ook oorgedoen en leerders is verheug dat hulle betyds nuwer en beter geriewe vir die volgende seisoen sal hê.

OFM Nuus/Casey-Lee Anthony mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.