On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Central SA

Nuwe kamera hou oog oor Upington

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:05 Sat, 08 Jun 2024

Nuwe kamera hou oog oor Upington | News Article
Upington se nuwe verkeerskamera wat voertuie se nommerplate kan lees. Foto: AfriForum

“Dit is net een van vele maniere waarop buurtwagte misdaad help bekamp.”

’n Kamera wat voertuie se nommerplate lees, is op Upington geïnstalleer om die dorp se strate en hoofroetes te beveilig.

“Die kamera herken nommerplate deur kruisverwysing van sowel plaaslike en internasionale databasisse te gebruik," sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder in die Noord-Kaap.

Volgens Strauss is die Upington-tak is al vir ’n geruime tyd besig met dié kameraprojek en is hulle dankbaar om die eerste fase te begin. “Dit is net een van vele maniere waarop buurtwagte misdaad help bekamp.

AfriForum beplan om nóg kameras in die Upington-omgewing te installeer. “Ek wil inwoners aanmoedig om betrokke te raak by hierdie inisiatiewe.”

Voorstelle om dienslewering te verbeter

AfriForum-takke in die Noord-Kaap het intussen voorstelle aan verskeie munisipaliteite se geïntegreerde ontwikkelingsplanne (GOP) te maak om dienslewering te verbeter.

“Paaie se instandhouding word swak bestuur,” sê Strauss. “Bykans elke munisipaliteit het miljoene rand verkwis wat vir die herstel van paaie geoormerk is. Teerpaaie is steeds besaai met slaggate en grondpaaie is bykans onbegaanbaar.”

‘Rou riool in strate gestort’

Volgens Strauss ly die inwoners van veral Upington onder verouderde infrastruktuur, met die gevolg dat rou riool in strate gestort word. Hy sê miljoene rande is begroot om infrastrukture op te knap en hoewel die rioolwerke opgegradeer is, is die pyplyne verouderd.

Die herstel van paaie is boaan die lys van voorstelle. Foto: Twitter

“Die verslae van die ouditeur-generaal oor Namakwa, Nama Khoi, Dawid Kruiper, Ga-Segonyana, Kai !Garib, Karoo-Hoogland en Gamagara het die ooglopende verval van hierdie munisipaliteite beaam. Benewens hul benarde finansiële situasies ontbreek basiese dienslewering en broodnodige instandhouding van infrastruktuur.”

Die Noord-Kaap-takke stel voor dat dienslewering eerstens op voetsoolvlak die hoof gebied word. Dit sluit in die verskaffing van vars en veilige drinkwater, werkende water- en rioolwerke, goed onderhoude teer- en grondpaaie, werkende straatligte en vullisterreine wat doeltreffend bestuur word.

“Munisipaliteite moet pa staan vir hul mislukkings en te midde van groot onsekerheid in die land hul sokkies optrek of hande vat met AfriForum, wat die vermoë, kennis en modelle het om met dienslewering te help. AfriForum se Noord-Kaap-takke sal verseker dat dienslewering op dorpe nie ten gronde gaan nie,” sê Strauss.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.