On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Skoolmeisie (12) swanger, oom in Odendaalsrushof vir verkragting

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:34 Sun, 09 Jun 2024

Skoolmeisie (12) swanger, oom in Odendaalsrushof vir verkragting | News Article
Foto: smithandeulo.com

Die skoolmeisie se ma het 'n swangerskapstoets gekoop wat die swangerskap bevestig het.

’n Man (52) wat daarvan aangekla word dat hy ’n familielid verkrag het, verskyn Maandag (10/6) in die Odendaalsrus-landdroshof.

Die slagoffer (12) het Vrydag (7/6) ná skool vir haar ma (40) vertel ’n onderwyser by die skool het gesê sy is moontlik swanger, sê kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder.

Na dié ontstellende nuus het die ma 'n swangerskapstoets gekoop wat die swangerskap bevestig het. “Toe sy gevra is wie die pa is, het die slagoffer glo gesê dis haar oom,” sê Thakeng.

‘Verdagte dieselfde dag in hegtenis geneem’

'n Saak van verkragting is oopgemaak en die verdagte is dieselfde dag in hegtenis geneem.

In ’n soortgelyke voorval is ’n man van Williston in die Noord-Kaap die afgelope week 28 jaar tronkstraf opgelê nadat hy ’n minderjarige familielid verkrag het.

Danksy deeglike ondersoekwerk deur die Calvinia-polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, is Arrie van Wyk (52) lewenslange tronkstraf deur die Williston-streekhof opgelê, waarvan ses jaar vir ’n tydperk van vyf jaar opgeskort is.

‘Slagoffer met mes gedreig, verkrag’

“Van Wyk is skuldig bevind aan verkragting nadat hy op 27 Junie 2023 ’n 17-jarige meisie verkrag het. Die slagoffer het van ’n vriend se huis af gestap toe die beskuldigde, wat haar oom is, haar na sy huis genooi het,” sê sers. Timothy Sam, polisiewoordvoerder.

Die slagoffer is met ’n mes gedreig waarna sy haar verkrag is.

“Daar is ook opdrag gegee dat sy naam in die Nasionale Register vir Seksoortreders aangeteken word en hy is onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.”

Speurkonst. Anthony Willemse, ondersoekbeampte van die Calvinia-polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, het die ondersoekwerk gedoen en verseker dat geregtigheid vir kinderslagoffers geskied.

OFM Nuus cvdw

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.