On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Pulane
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

Min vordering in saak van vermiste vrou in Bloemfontein

───   HEIDRÈ MALGAS 12:30 Tue, 11 Jun 2024

Min vordering in saak van vermiste vrou in Bloemfontein | News Article
Vermiste Lesego Motaung (22). Foto: Facebook

“Ek moet voortdurend by die polisie opvolg, en elke keer wanneer ek navraag doen, is die antwoord altyd dieselfde – daar is skaars enige vordering.”

Min vordering is tot dusver gemaak in die ondersoek na die verdwyning van die jong vrou van Bloemfontein, amper agt maande gelede op pad werk toe in Tweedelaan, Westdene.

Lesego Motaung (22) se tannie, Ntebo Mogwase, het haar reeds op 30 Oktober as vermis aangemeld.

‘Daar is skaars enige vordering’

Volgens Mogwase is die aanvanklike ondersoekbeampte van die saak verwyder, en die bevelvoerder hanteer nou persoonlik die ondersoek. “Ek moet voortdurend by die polisie opvolg, en elke keer wanneer ek navraag doen, is die antwoord altyd dieselfde – daar is skaars enige vordering.

“Ons familie is nie in dieselfde provinsie nie; ons is oorspronklik van Noordwes. Dit is moeilik vir hulle om kontak te behou met die polisie, omdat ek die saak aangemeld het, aangesien Lesego by my gebly het.”

Lesego Motaung (22) word sedert Oktober 2023 vermis. Foto verskaf

Haar familie is verslae en het geen vrede gevind sedert Motaung se verdwyning nie. Hulle reageer emosioneel weens die gebrek aan enige teken of bewys van waar sy haar bevind.

“Sosiale media kan ook ’n nadelige uitwerking hê, omdat daar baie vals inligting en misleidende leidrade oor Lesego is. Sommige daarvan is baie ontstellend,” sê Mogwase.

‘Ek glo dat Lesego lewend sal terugkom’

“Ek klou vas aan die positiewe aspekte van hierdie saak. Ek glo God sal ons nooit verlaat nie, en dat Lesego lewend sal terugkom en met ons sal herenig.

“Ons almal het Lesego baie lief, maar ons is hartseer dat so ’n tragedie ons familie getref het. Ons beskou onsself as baie ongelukkig, en ons soek voortdurend God se genade.”

“Ek glo, en ek hou steeds hoop vas, dat waar sy ook al is, sy lewend is. Miskien is sy net ’n uur weg van die huis iewers vasgekeer of ontvoer.”

@lesy_m4 Replying to @Oarabetse Morokane i love you too mommy ????#SAMA28 #fyp?? #tiktoksouthafrica #homecomedy ##magiciangirl #mzansicomedy #foryou ? original sound - Lesego??

Motaung het meer as 100 000 volgelinge op TikTok en is bekend as die 'magician' waar sy snaakse video's maak.

OFM Nuus het berig Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê ’n saak van ontvoering is by die Parkweg-polisiekantoor aanhangig gemaak. Motaung is laas deur haar tante gesien toe sy haar huis in Uitsig verlaat het. Daar word verneem dat sy op pad na haar werk by ’n restaurantgroep in Westdene, Bloemfontein, was. Motaung se kollega het beweer sy het Maandag 30 Oktober 2023 laat weet dat sy siek is.

Enigeen wat die polisie kan help om haar op te spoor, word versoek om kapt. Yaliwe Mokoena by 082 5262 653 te bel. Wenke kan ook anoniem gestuur word na die MySAPS-toepassing, of bel Stop Misdaad 08600 10111. Die polisieondersoek duur voort.

OFM Nuus/Heidrè Malgas cg/mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.