On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Groot deel van Bloemfontein ervaar kragonderbreking

───   06:16 Wed, 12 Jun 2024

Groot deel van Bloemfontein ervaar kragonderbreking | News Article

Centlec is bewus van die probleem.

Ten spyte daarvan dat Eskom 10 weke lank nie beurtkrag ingestel het nie, ervaar inwoners van Bloemfontein tans ’n wydverspreide kragonderbreking.

“Centlec is bewus van die probleem,” lui boodskappe op straatgroepe. “Sodra hulle weet wat die probleem is, sal hulle kennisgewings deel.“

Weens die 33 kW-verlies aan toevoer by die Bayswater DC, word die volgende gebiede geraak: Bayswater, Noordhoek, dele van Waverley, Heliconhoogte, Deals Gift, Ribblesdale, Navalsig, Hilton, Arboretum, Naval Hill (torings), Dan Pienaar, Heuwelsig, Rayton, Pentagon Park, Hillsboro, Estoire, New Market, Olive Hill, Maselspoort, Tibbie Vissier, Vaalbank-Suid, Roodewal, Midway, Vallombrosa. 

Die geskatte hersteltyd is twee uur.

Die Bloemfonteinse radio- en TV-mas bo-op Naval Hill, wat oor die stad uitkyk, is ook sonder krag, so ook Telkom se betonmikrogolftoring en ander telekommunikasietorings. Dit is egter moontlik om steeds na jou gunstelingaanbieders op OFM te luister deur die volgende skakel te volg: https://www.ofm.co.za/listenlive

Vir eers blyk dit dat Eskom en minste beurtkrag onder beheer het met die winter in sy volle glorie. Julie is die koudste tyd van die jaar in Suid-Afrika en as die kragvoorsiener ligte in die winter kan aanhou, kan dié tyd van die jaar meer aanvaarbaar wees.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.