On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Amerikaanse veghonde byt Bloemfonteinse vrou dood

───   HEIDRÈ MALGAS 15:59 Tue, 18 Jun 2024

Amerikaanse veghonde byt Bloemfonteinse vrou dood | News Article
Foto ter illustrasie

“Die polisie het ’n verslag ontvang oor ’n vrou (28) wat deur vier veghonde gedood is.”

’n Vrou is aangeval en doodgebyt deur vier Amerikaanse veghonde in Namibia Square, naby Bloemfontein.

“Die voorval het Maandagmiddag gebeur en ’n saak van strafbare manslag is by die Mangaung-polisiekantoor geopen,” sê Thabo Covane, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Die polisie het ’n verslag ontvang oor ’n vrou (28) wat deur vier veghonde gedood is. “Beamptes het dadelik na die toneel gehaas en vrou op die grond aangetref met ernstige bytmerke oor haar liggaam. Die beserings was veral aan die onderste dele van haar liggaam,” sê Covane.

‘Drie van die honde is van kant gemaak’

Beamptes op die toneel moes drie van die honde van kant maak, terwyl die ander hond en haar kleintjies deur die plaaslike DBV na veiligheid geneem is. Die vrou is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

In 2022 is Olebogeng Mosime (8) aangeval deur sy buurman se veghond by sy huis in Vista Park, Bloemfontein. Mapaseka Nkoane, Mangaung se adjunkburgemeester, het destyds ’n oproep gedoen dat alle veghonde en ander gevaarlike honde verbied word ná Olebogeng se aanval.

‘Sterk kritiek uitgespreek teen onverantwoordelike honde-eienaars’

Terwyl sy ’n emosionele huldeblyk gelewer het op Mosime se begrafnis, wat Vrydag 18 November 2022 gehou is, het Nkoane sterk kritiek uitgespreek teen onverantwoordelike honde-eienaars. Sy het gesê sommige mense beskerm honde wat gevaarlik is deur hulle troeteldiere te noem.

“Hoe besit jy ’n hond wanneer jy nie eens opgelei is nie? Hoe besit jy ’n hond wanneer jy nie eens ’n lisensie betaal om dit aan te hou nie, sodat jy die riglyne of verordeninge het oor hoe jy met daardie hond van jou moet omgaan?” wou Nkoana weet.

Die ondersoek in die saak van die vrou duur voort.

OFM Nuus/Heidrè Malgas dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.