On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Central SA

Vanderbiljpark: Jong man dood ná vragmotor hom op motorfiets tref

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:57 Thu, 20 Jun 2024

Vanderbiljpark: Jong man dood ná vragmotor hom op motorfiets tref | News Article
André Gerryts. Foto: Parys Gazette

“’n Vragmotor, wat glo oor die rooi lig gery het, het teen Gerryts en De Coning gebots.”

’n Jong man van Vanderbijlpark het sy lewe in ’n motorfietsongeluk verloor.

André Gerryts (23) en Louisa de Coning (39) was Dinsdag (19/6) op pad werk toe op Gerryts se motorfiets toe die ongeluk plaasgevind het.


Gerryts en De Coning, wat in dieselfde woonstelkompleks woon, het daagliks saam werk toe gery na Blissful Baking op Vanderbijlpark. Gerryts was ’n barista by die bakkery, terwyl De Coning kos en lekkergoed maak.

Volgens Hendrik Eberson, die bakkery se eienaar, het die ongeluk tussen 06:40 en 06:45 op die kruising van Barrageweg en Louis Trichardt-boulevard gebeur. “’n Ooggetuie het vir my gesê dat Gerryts by ’n rooi verkeerslig gewag het. Toe dit groen word, het hy gery. ’n Vragmotor, wat glo oor die rooi lig gery het, het teen Gerryts en De Coning gebots.”

Schalk en André Gerryts. Foto verskaf

Gerryts is van die motorfiets afgeslinger en is op slag dood. De Coning is in ’n staatshospitaal met ’n gebreekte been opgeneem. “Ek was op die toneel en die polisie het geweier om die vragmotorbestuurder se inligting te verskaf. Louisa se man, Jacques, soek dringend die maatskappy se besonderhede.


“Sy moet geopereer word, maar daar is op die oomblik nie plek vir haar op die teaterlys nie. Sy moet na ’n private hospitaal oorgeplaas word en die maatskappy moet die koste dek,” meen Eberson van die bakkery.

‘Hy het altyd met nuwe idees vorendag gekom’

Eberson beskryf Gerryts as ’n vriendelike en getroue werknemer wie sê hande vir niks verkeerd gestaan het nie. “Hy het altyd met nuwe idees vorendag gekom, was baie nederig en hardwerkend. Gerryts het net ’n maand gelede by die bakkery begin werk en het reeds baie potensiaal getoon.”

Schalk en Gerryts sou in Oktober drie jaar getroud gewees het. Die saak word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie, sê Noxolo Kweza, Gautengse polisiewoordvoerder.

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.