Central SA
Weermag in Vrystaat gewaarsku oor wildebeeste by Kroonstad─── 10:23 Fri, 21 Jun 2024
“Dit is onduidelik hoe die wilde diere op ’n skamele 200 hektaar SANW-grond beland het.”
Die Nasionale Raad van DBV’s sê hy oorweeg regstappe om vas te stel waarom honderde wildebeeste na bewering op ’n weermagbasis by Kroonstad in die Vrystaat saamgetrek word.
Ernstige kommer heers oor die welsyn van honderde oorbevolkte swartwildebeeste, wat volgens die organisasie by die SANW se Barney Molojoane-ingenieurskool aangehou word. Die organisasie sê hy het die basis op 11 Augustus 2023 besoek en meer as 300 wildebeeste aangetref, waarvan minstens nege gevrek het.
Minister of Defence and Military Veterans Thandi Modise received no less than five letters of complaint from the South African National Council of SPCAs (NSPCA) regarding apparent ill-treatment of “biological assets” in the form of black wildebeest. https://t.co/g0YjADfI0T
— defenceWeb (@defenceWeb_Afr) June 20, 2024
Van 23 Augustus verlede jaar tot Mei vanjaar het hy vier keer aan die SANW, sowel as die destydse minister van Verdediging, Thandi Modise, en die hoof van die SANW geskryf en gevra om in te gryp. Geen reaksie is ontvang nie.
Die organisasie het geskryf die SANW moet sy jongste korrespondensie vandeesweek as “ ’n kennisgewing van naderende regsgedinge” beskou.

Die NDBV sê dit is onduidelik hoe die wilde diere op ’n skamele 200 hektaar weermaggrond beland het, na bewering met bittermin water en geen byvoeding nie.
Marcelle Meredith, uitvoerende direkteur van die NRDBV, sê in die verklaring tydens nog ’n besoek op 28 Mei “was dit duidelik dat daar geen plan is nie en die basis het geen aanduiding gegee van enigiets wat moet gebeur nie”.
The @NSPCA_SA warns the #SANDF in a letter to the DoD of severe animal welfare concerns at the Barney Molokoane Base (Kroonstad). Hundreds of overstocked Black Wildebeest are suffering due to neglect and lack of action from SANDF, despite numerous warnings and inspections.
— Dean Wingrin (@deanwingrin) June 20, 2024
/1
Die NDBV sê hy oorweeg regstappe om die SANW te dwing om op te tree en hom tot ’n tydraamwerk te verbind vir wanneer sommige diere lewend gevang en verplaas sal word.
Siphiwe Dlamini, SANW-woordvoerder, is om kommentaar genader.
OFM Nuus cg/dg
