On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Man lewenslank tronk toe ná moord op sy meisie

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:22 Fri, 21 Jun 2024

Man lewenslank tronk toe ná moord op sy meisie  | News Article
Die hof het Wilson skuldig bevind en hom tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis. Foto ter illustrasie

“Toe die oorledene later die aand by die huis kom, het die paartjie glo baklei, waarna hy haar toe vermoor het.”

’n Man van Hanover in die Noord-Kaap is lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op sy meisie.

Die beskuldigde, Tracy (Pes) Wilson (35), het sy meisie (34) op 7 Januarie ná ’n woordewisseling met ’n mes doodgesteek, sê kol. Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder. “Die oorledene het glo die aand van die voorval saam met haar suster en vriende uitgegaan, maar Wilson het besluit om by die huis te bly.

“Toe die oorledene later die aand by die huis kom, het die paartjie glo baklei, waarna hy haar toe vermoor het.”

Die hof het die beskuldigde skuldig bevind en hom tot 25 jaar gevangenisstraf vir moord gevonnis en hom onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit. Die ondersoek is deur speursers. Luvuyo Kampi van die Hanover-speureenheid gelei.

Heidre Malgas het vroeër berig dat ’n onderwyseres van Bloemfontein, Judith Mpho Moalasi (41), vermoor is en haar liggaam op die Dewetsdorppad gevind is.

“Haar liggaam is Maandag (17/6) net voor sewe deur polisielede van Bloemspruit met verskeie beserings gevind,” sê Peter Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Die oorledene se jonger broer is Maandag omstreeks 03:00 van sy suster se selfoon gebel. Hy het probeer om haar terug te bel, maar dit het dadelik na stempos oorgegaan.

“Hy het vermoed iets is fout en het haar by haar woonplek in Rocklands gaan soek.” Hy het gesien haar motor is ook nie daar nie en het haar by die Kagisanong-polisiekantoor as vermis aangemeld.

‘Haar kêrel het glo herhaaldelik oor haar gery naby die G4S Mangaung-tronk’

Die polisie het inligting opgevolg wat hulle na ’n huis in Fase 2 gelei het, waar die oorledene se kêrel woon. Die polisie het ook die oorledene se motor hier gekry.

Lede van Parkweg se taktiesereaksie-eenheid is na die toneel ontbied en hulle het haar kêrel onder sy bed gekry. Die verdagte (42) is in hegtenis geneem.

Moalasi was die afgelope vier jaar ‘n onderwyseres by die Tsoseletso Secondary School. “Die Vrystaatse Departement van Onderwys betreur die dood van Moalasi,” het Howard Ndaba, departementele woordvoerder, gesê. “Moalasi is na bewering wreed deur haar kêrel vermoor wat glo herhaaldelik oor haar gery het naby die G4S Mangaung-tronk.” 

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.