On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Taxi ry in ambulans op ongelukstoneel in Noord-Kaap vas

───   06:56 Tue, 09 Jul 2024

Taxi ry in ambulans op ongelukstoneel in Noord-Kaap vas | News Article
Die ongelukstoneel waar die bus in die ysige koue omgeslaan het. Foto: ZimEye

“ ’n Toyota Quantum met twee manlike insittendes het agter in ’n ambulans vasgery wat na die ongelukstoneel gestuur is.”

Die Noord-Kaapse polisie ondersoek die oorsake van ’n busongeluk en ’n ambulansongeluk wat Maandagoggend (8/7) in die Noord-Kaap plaasgevind het. ’n Bus wat van Kaapstad na Zimbabwe op pad was, het om 04:30 op die N1 tussen Richmond en Hanover omgeslaan. 

Die tweede ongeluk het omstreeks 09:00 plaasgevind toe ’n Toyota Quantum met twee manlike insittendes agter in ’n ambulans vasgery het wat na die ongelukstoneel gestuur is.

Aanvanklike verslae dui daarop dat die Copperbelt-busbestuurder beheer oor die voertuig verloor het waarin sowat 20 passasiers vervoer is voordat dit omgeslaan het. Nooddienste is na die toneel ontbied. Terwyl nooddienspersoneel op die toneel na beseerdes omgesien het, het die tweede ongeluk plaasgevind.

Die ongelukstoneel in die ysige koue. Foto: ZimEye

“Omstreeks 09:00 het ’n Toyota Quantum met twee insittendes agter in ’n ambulans vasgery wat na die ongelukstoneel gestuur is.

“Die vroulike ambulansbestuurder is beseer en haar manlike assistent het ongedeerd daarvan afgekom. Albei die manlike insittendes van die Quantum het slegs ligte beserings opgedoen,” het die Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, lt.kol. Sergio Kock, gesê.

Meer as 20 passasiers is na plaaslike hospitale in Hanover en De Aar Vervoer vir mediese behandeling nadat hulle ligte tot ernstige beserings opgedoen het.

Kock het gesê die polisie in Richmond ondersoek die oorsaak van albei ongelukke. Enigiemand met inligting kan Speurder/Konstabel Rodney Julies skakel by 082 302 0371. “Die ondersoeke duur voort,” het Kock gesê.

OFM Nuus cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.