On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

VF Plus-lede, -personeel lê leuenverklikkertoetse af

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:14 Tue, 09 Jul 2024

VF Plus-lede, -personeel lê leuenverklikkertoetse af | News Article
Foto: Facebook.

“Die VF Plus volg sy interne prosesse getrou en die lek van die betrokke verslag het daardie prosesse ondermyn en bemoeilik.”

Lede en personeel van die Vryheidsfront Plus (VF Plus) het Maandag (8/7) ’n leuenverklikkertoets gedoen, nadat ’n vertroulike verslag gelek is. 

“Die hele uitvoerende dagbestuur (UDB), ondersoekkomitee en twee hoofkantoorpersoneellede het gister poligraaftoetse afgelê, omdat ’n vertroulike verslag voortydig versprei en dus gelek is,” sê Wouter Wessels, die Vryheidsfront Plus se nasionale woordvoerder.

Volgens Kobus Hoffman, ’n voormalige lid van die provinsiale wetgewer wat deur die Vryheidsfront Plus geskors, wys die verslag magsmisbruike van senior leiers in die Vryheidsfront Plus uit en hulle leuenagtige optrede voor die UDB.

“Dieselfde leiers het volgens hom aan die reorganisasie van die party deelgeneem, selfs nadat die reorganisasie ongeldig verklaar is, en daar duidelik ’n konflik van belange was.”

Wouter Wessels. Foto: VF Plus.

Wessels voeg by dat vertroulikheid baie belangrik vir ’n politieke party is. “Die VF Plus volg sy interne prosesse getrou en die lek van die betrokke verslag het daardie prosesse ondermyn en bemoeilik.”

Hoffman sê verder hy wonder of die UDB ook self leuenverklikkertoetse gaan doen. “Hoe kan die UDB hierdie ondersoek doen as hulself dan ook die verslag gehad het en self kon uitpraat. Die viktimisasie en intimidasie gaan regtig onverpoos voort om hulself te beskerm.”


Hoffman sê verder dat hy verbaas, maar tog nie verras is nie dat die UDB “eerder hul fokus rig op die uitlek van die verslag as die inhoud van die verslag”.

Hy sê dit is kommerwekkend, maar dit is hoe dinge gebeur as jy goed wil toesmeer, maar hierdie goed gaan nie toegemaak word nie en hierdie goed gaan nie toegesmeer word nie.”

‘Die waarheid bly die waarheid en die waarheid moet uit’

Hy sê dit maak egter nie saak hoeveel leuenverklikkertoetse gedoen moet word nie, die waarheid bly die waarheid en die waarheid moet uit.

“Die lede van die party, asook die mense binne die party, is gatvol vir alles wat net toegesmeer word en daarom sal ons sorg dat alles geopenbaar word.”

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg/mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.