Central SA
Mans in Noordwes aangekeer ná hulle glo leeus verkoop─── CHARNÉ VAN DER MERWE 12:24 Tue, 09 Jul 2024
“Die verdagtes is in hegtenis geneem kort nadat hulle depositogeld van die koper ontvang het.”
Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle leeus verkoop het, sal na verwagting weer op Dinsdag (16/7) in die hof verskyn vir ’n formele borgtogaansoek.
Die verdagtes, Nico Scholtz (32) en Huu Tao Nguyen (53), het Maandag (8/7) in die Potchefstroom-landdroshof verskyn.
Hulle staan tereg op aanklagte van oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteit (10 van 2004), sameswering om ’n misdryf te pleeg en die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie, sê lt.kol. Tinyiko Mathebula, polisiewoordvoerder van Noordwes.
#sapsHAWKS Nico Scoltz (32) and Huu Tao Nguyen (53) appeared in the Potchefstroom Magistrates' Court today, 8 July 2024, facing charges of contravention of National Environmental Management: Biodiversity Act 10 of 2004, conspiracy to commit an offence; possession of an unlawful… pic.twitter.com/dYpeh7LRTy
— SA Police Service ???? (@SAPoliceService) July 8, 2024
“Die polisie het Woensdag (3/7) inligting ontvang oor ’n individu wat onwettig leeus verkoop. Hierdie inligting is geoperasionaliseer en tydens ’n geheime operasie Vrydag (5/7) het die verdagte na bewering aangebied om ses leeus aan die koper te verkoop.”
Berigte dui daarop dat die verdagte die koper aan ’n wit man voorgestel het wat hulle toe na ’n plaas aangery het waar die leeus aangehou is.
Volgens Mathebula het lede van die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoek, in samewerking met Misdaadintelligensie, die Onwettige Mynbou-taakmag en die Potchefstroom Plaaslike Kriminele Rekordsentrum, die verdagtes in hegtenis geneem kort nadat hulle depositogeld van die koper ontvang het.
“Tydens ’n soektog is ’n geweer en vyftig lewendige rondtes ammunisie in die verdagtes se voertuig gevind. Daar is ook beslag gelê op ’n Toyota Fortuner en ’n sleepwa.”
Die ondersoek duur voort en die verdagtes bly in aanhouding.
My new @YouTube film - linked to my new book #UnfairGame - that reveals shocking revelations about captive-bred lion farming in South Africa #UnfairGame #SociallyUnacceptable
— Lord Ashcroft (@LordAshcroft) June 14, 2020
WATCH FULL FILM HERE ??????https://t.co/smw0em3UZQ pic.twitter.com/oCOXbDj8pV
Ses verwaarloosde leeus is in die Vrystaat vrygelaat nadat hulle die afgelope week in Suid-Afrika aangekom het. Hulle staan bekend as die Koeweit-ses en is uit die Koeweit-dieretuin gered waar hulle onwettig aangehou is.
Die leeus het Donderdag (23/5) ‘n heenkome gevind by die toevlugsoord van Animal Defenders International (ADI) naby Winburg.
Die vier mannetjies, Muheeb, Saham, Shujaa, Saif, en twee wyfies, Dhubiya en Aziza, is almal weer gevang nadat hulle deur eienaars in die strate van Koeweit of die omliggende woestyn gelos is. Die jong leeus is deur personeel en vrywilligers van Koeweit-dieretuin gevang nadat hulle deur die owerheid in kennis gestel is.
Dhubiya en Saif, die jongste, is verlate en honger in die woestyn opgespoor. Hulle is almal jonger as twee jaar oud. Die reis vandat hulle aanvanklik die eerste keer aan boord van die vliegtuig geneem is, tot hulle eindelik veilig in Suid-Afrika aangekom het, het bykans drie weke geduur.
