On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Kimberley: Man lank tronk toe wat sy dogter verkrag

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:27 Wed, 10 Jul 2024

Kimberley: Man lank tronk toe wat sy dogter verkrag  | News Article
Foto: iStock

“Hy het haar op die vloer neergesit waar hy haar toe verkrag het.”

“ 'n Man (40) van Kimberley is Woensdag (10/5) in die streekhof in Galeshewe tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy sesjarige dogter,” sê Molefi Shemane, polisiewoordvoerder.

“Die meisie het ten tye van die voorval by haar ouma en oupa in Beloofde Land in Kagisho gekuier. Op 29 Apil 2017 terwyl sy in hul kamer geslaap het, het sy wakker geword toe haar pa haar glo van die bed af optel. Hy het haar op die vloer neergesit waar hy haar verkrag het.”

‘Die dokter het bevestig dat sy verkrag is’

Sy was bang om haar ma te sê en het glo eers ‘n week later haar vertel nadat sy begin pyn ervaar het. Die saak is by die polisie aangemeld en ’n dokter het bevestig dat sy verkrag is.

“Die beskuldigde het gevlug, en 'n lasbrief vir sy inhegtenisneming is verkry. Nadat hy meer as twee jaar op vlug was het die polisie op 7 Oktober 2019 ‘n wenk ontvang wat gelei het tot sy inhegtenisneming..

Borgtog is geweier en die beskuldigde het in aanhouding gebly tot sy skuldigbevinding en vonnisoplegging. Hy is onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit en sy naam sal in die nasionale register vir seksoortreders aangeteken word.

'n Man van Mangaung is Maandag (9/7) tronkstraf opgelê nadat hy sy minderjarige seun verkrag het.

“Die 32-jarige man is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van sy sewejarige seun,” sê Loraine Earle, polisiewoordvoerder.

“Op 17 September 2023 omstreeks 22:00 het die minderjarige seun aan sy ma vertel dat sy pa hom aan die agterkant van sy liggaam seergemaak het, en toe vir sy ma gewys wat sy pa gedoen het.”

Volgens Earle het die ma, wat baie geskok was deur die pa se optrede, haar seun na ’n dokter vir ’n mediese ondersoek geneem. ’n Dokter het bevestig dat die seun seksueel aangerand is, en ’n saak is by die Bloemspruit-polisiekantoor aangemeld.”

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.