On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

DA eis ingryping in Matjhabeng oor begrotingskwessies

───   HEIDRÈ MALGAS 15:48 Wed, 10 Jul 2024

DA eis ingryping in Matjhabeng oor begrotingskwessies | News Article
Matjhabeng-munisipaliteit se hoofkantoor in Welkom. Foto: OFM Nuus

“Hierdie vereiste is daarop gemik om deursigtigheid te verseker en tariefverhogings op grond van die werklike koste van elektrisiteitsverskaffing te regverdig.”

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het bevind munisipaliteite in Suid-Afrika kan nie verhoogde elektrisiteitstariewe hef sonder om 'n koste van verskaffingstudies in hul aanvanklike aansoek in te sluit nie.

Die beslissing met die saaknommer 04792/2023 betrek AfriForum NPC, Nersa en ander respondente.

René Steyn en Piet Botha, DA-raadslede vir die Matjhabeng-munisipaliteit, beklemtoon dit in ooreenstemming met die kennisgewing wat op 17 November 2023 uitgereik is en munisipaliteite verplig om koste van verskaffingstudies vir Nersa-goedkeuring in te dien voordat enige tariefverhogings ingestel word.

‘Munisipaliteite moet daaraan voldoen’

"Hierdie vereiste is daarop gemik om deursigtigheid te verseker en tariefverhogings op grond van die werklike koste van elektrisiteitsverskaffing te regverdig. Munisipaliteite moet daaraan voldoen om regverdige tariefpraktyke te waarborg."

Maandag (1/7) is klagtes by Matjhabeng se munisipale bestuurder ingedien oor die moontlike nienakoming van hierdie hofbevel en Nersa se voorskrifte.

Die kwessies sluit in:

  • Matjhabeng se nakoming van die hofbevel en aangehegte kennisgewing is onduidelik. 'n Verklaring word geëis.
  • Vrae ontstaan oor die finansiële invloed as tariefverhogings nie ingestel word nie.
  • Duidelikheid word gevra oor of verhoogde tariewe ingestel is en wanneer dit was.
  • Bekommernisse oor die weglating van die koste van verskaffingstudies in die munisipale begrotingsproses.

"Daar is 'n dringende behoefte om te weet wanneer die koste van verskaffingstudies voltooi en aan die raad voorgelê sal word." Die Matjhabeng-munisipaliteit is onder skoot vir moontlike nienakoming van die hofbeslissing.

Daar is kommer of verhoogde tariewe reeds aan verbruikers deurgegee is. Indien wel, is aanpassings en krediete op verbruikersrekeninge nodig dit reg te stel.

‘DA doen 'n beroep op dringende ingryping’

Die munisipale bestuurder het nie op formele kommer gereageer nie wat gelei het tot verkeerde inligting in die begrotingsgoedkeuringsvergadering op 31 Mei 2024. Die koste van verskaffingstudie is nie ingedien nie wat beteken dat tariefverhogings op daardie tydstip nie deur Nersa goedgekeur was nie.

Versuim om te voldoen kan lei tot regsaksies, finansiële boetes en verlies aan openbare vertroue. Die DA doen 'n beroep op dringende ingryping om seker te maak dat daar aan die vereistes voldoen word en die integriteit van munisipale bestuur gehandhaaf word.

Die munisipale bestuurder het nog nie op enige navrae reageer nie. 

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.