On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Kimberley man gevonnis vir geslagsgebaseerde geweld

───   HEIDRÈ MALGAS 06:00 Sat, 13 Jul 2024

Kimberley man gevonnis vir geslagsgebaseerde geweld | News Article
Die beskuldigde het die slagoffer se tante herhaaldelik met ’n mes gesteek. Foto: iStock.

“Edward Mastas het die slagoffer geboelie en haar gedwing om op 3 November 2021 by die Departement van Binnelandse Sake met hom te trou.”

’n 24-jarige man is deur die Kimbeley Streekhof tot nege jaar tronkstraf gevonnis vir geslagsgebaseerde geweld en kwaadwillige saakbeskadiging.

“Edward Mastas het die slagoffer geboelie en haar gedwing om op 3 November 2021 by die Departement van Binnelandse Sake met hom te trou. Toe sy weier, het hy die 45-jarige slagoffer verwurg,” sê polisiewoordvoerder Molefi Shemane.

“Die slagoffer het uit die voorval ontsnap en huis toe gegaan na Roodepan, waar sy haar dogter en 51-jarige tante ontmoet het.”

‘Die beskuldigde het ’n mes gevat en die tante herhaaldelik daarmee gesteek’

“Die beskuldigde het by die slagoffer se woonplek aangekom met die bedoeling om sy klere te kom haal. Hy is toegang tot die huis verleen. Sodra die beskuldigde binne was, het hy in die kombuis ’n mes gevat en die 51-jarige tante herhaaldelik met die mes gesteek.

“Hy het toe die sinkhuis se vensters gebreek en die slagoffer se klere verbrand.”

Die polisie het die klag hanteer en die beskuldigde, wat onder die bed weggekruip het, gearresteer.

Op Vrydag, 5 November 2021, het die beskuldigde in die hof verskyn en is vir ’n 30-dae psigiatriese evaluasie gestuur. Hy is geskik bevind om tereg te staan.

‘Neem hierdie veiligheidswenke in ag wanneer huishoudelike geweld ervaar word’

Die Noord-Kaapse Polisiebestuur het Speurkonstabel Noma Senye van die Galeshewe Gesinsgeweld, Kindbeskerming en Seksuele Misdade Eenheid geloof vir die deeglike en noukeurige ondersoek en het slagoffers van Gendergebaseerde Geweld en Femiside aangemoedig om hierdie veiligheidswenke in ag te neem wanneer hulle huishoudelike geweld ervaar.

  • Vermy konfrontasies in kamers met slegs een uitgang;
  • Vermy kamers met baie potensiële wapens, soos kombuise;
  • Dra altyd ’n lys noodnommers by jou;
  • Maak seker dat familielede en vriende ’n afskrif van die beskermingsbevel en lasbrief vir inhegtenisneming besit;
  • Hou geld op ’n veilige plek vir ’n noodgeval,
  • Hou ’n ekstra stel sleutels vir die huis of motor;
  • Die slagoffer moet ’n stel klere vir die kinders in ’n sak gepak hou en dit op ’n veilige plek hou, byvoorbeeld by die buurman, as die slagoffer beplan om te vertrek;
  • Vertrek wanneer die maat nie by die huis is nie en neem die kinders saam;
  • Die slagoffer moet seker maak dat sy in besit is van alle noodsaaklike dokumente soos identifikasiedokumente, mediese kaarte, spaar- en kredietkaarte.

OFM Nuus mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.