On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Polisie vernietig 14 595 vuurwapens in Vanderbijlpark

───   HEIDRÈ MALGAS 08:51 Sat, 13 Jul 2024

Polisie vernietig 14 595 vuurwapens in Vanderbijlpark | News Article
Alle vuurwapens is eers aan toetsing onderwerp om te bepaal of hulle tydens enige misdaad gebruik is. Foto: SAPD

“Hierdie vuurwapens, parte en ammunisie is op beslag gelê tydens polisie-operasies soos Operasie Shanela en daarna aan die staat verbeur.”

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het 14 595 vuurwapens en parte in Vanderbijlpark vernietig.

“11 421 van dié vernietigde wapens was handwapens, terwyl 1 708 gewere, 1 205 haelgewere en 28 kombinasies was,” sê nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe.

Sy sê die SAPD bly onverbiddelik in sy pogings om onwettige vuurwapens en ammunisie in omloop op te spoor en permanent te verwyder. Altesaam 263 545 vuurwapens is oor die afgelope vyf jaar vernietig.

Wapens en ammunisie is tydens polisie-operasies in beslag geneem. Foto: SAPD

“Hierdie vuurwapens, parte en ammunisie is op beslag gelê tydens polisie-operasies soos Operasie Shanela en daarna aan die staat verbeur.”

Dit sluit ook vuurwapens in wat vrywillig oorhandig is en dié wat gedurende die amnestietydperk ingehandig is.

’n Oorsig van die aantal vuurwapens wat hierdie week per provinsie vernietig is, is as volg:

* Oos-Kaap = 1 834

* Vrystaat = 836

* Gauteng = 4 676

* KwaZulu-Natal = 1 600

* Limpopo = 989

* Mpumalanga = 664

* Noord-Kaap = 433

* Noordwes = 446

* Wes-Kaap = 3 117

“In Februarie vanjaar is 18 077 vuurwapens en parte ook vernietig. Sedert 2019 het die SAPD 263 545 vuurwapens vernietig.”

Onwettige vuurwapens en ammunisie bedreig openbare veiligheid. Foto: SAPD

“Alle vuurwapens met werkende meganismes is aan IBIS-toetsing onderwerp om te bepaal of hulle tydens enige misdaad gebruik is.”

Die Nasionale Kommissaris van SAPD, genl. Fannie Masemola, het aangekondig dat die SAPS pogings sal verskerp om onwettige vuurwapens en ammunisie op Suid-Afrikaanse strate te identifiseer en te konfiskeer, aangesien dit openbare veiligheid bedreig. 

Vuurwapens word dikwels in misdaad soos rooftogte en moorde gebruik, wat dit noodsaaklik maak om pogings te verskerp om onwettige wapens uit die omloop te verwyder.

OFM Nuus cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.