On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Sol Plaatje beveilig inwoners, een LED-lig op ’n slag

───   CASEY-LEE ANTHONY 10:14 Mon, 15 Jul 2024

Sol Plaatje beveilig inwoners, een LED-lig op ’n slag | News Article
LED-ligte in Royldene. Foto: Facebook

“Foutiewe hoëmasligte word herstel, en die oorskakeling na LED word dan gedoen.”

Die Sol Plaatje-munisipaliteit is reeds die afgelope nege maande besig om gewone gloeilampe in straatligte in en om Kimberley te verwyder en deur LED-ligte te vervang.

Die besluit is geneem vanweë die talle voordele wat dié nuwer tegnologie inhou, soos ’n vermindering in energieverbruik, dat dit helderder skyn en woonbuurte beter verlig.

“Ons gaan onbepaald met die projek volhou, aangesien ons nie net herstel deur middel van omskakeling nie, maar ook nuwe ligte aanbring in nuutgestigte woongebiede,” sê Thabo Mothibi, Sol Plaatje-woordvoerder.


Die munisipaliteit het vir die 2024/25-boekjaar ’n toekenning van R4 miljoen van die Departement van Energie vir energiedoeltreffendheid ontvang.

Die teikengebiede waar die ligte eerste vervang word, is hoofsaaklik dié met hoë misdaad, maar die munisipaliteit sê sy oogmerk is om eindelik alle gebiede se gloeilampe te vervang. In die afgelope maand het hulle die grootste deel van Galeshewe afgehandel en in Roodepan begin.

“Foutiewe hoëmasligte word herstel, en die oorskakeling na LED word dan gedoen. Inwoners meld foute aan by ons inbelsentrum of by hul raadslid. ’n Bestekopname word gedoen en werk, soos die afgelope week gesien, word uitgevoer,” sê Thabo oor die manier waarop hulle bepaal watter gebiede eerste aandag moet kry.

Nuwe LED-ligte in die Erwe-area in Roodepan. Foto: Facebook

Dis algemeen bekend dat die meeste misdadige bedrywighede snags in donker gebiede plaasvind; dit is wat die munisipaliteit beoog om uit te roei.

“Gemeenskapsveiligheid is van kritieke belang en ons as ’n munisipaliteit het ’n verpligting om verbeterde beligting oor groot ruimtes te verseker. Dikwels word die meeste kriminele dade in donker ruimtes uitgevoer.”

OFM Nuus/Casey-Lee Anthony cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.