On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Só maak mens wanneer Bokke vir Portugal pak

───   CASEY-LEE ANTHONY 13:10 Tue, 16 Jul 2024

Só maak mens wanneer Bokke vir Portugal pak | News Article
Foto verskaf

“Hekke maak om 12:00 oop vir almal en sitplekke word via die kaartjiestelsel bespreek, so maak seker dat jy jou sitpleknommer onthou en op die regte plek sit.”

Bloemfontein gons namate die groot dag nader kom waarop die Springbokke in die Rosestad teen Portugal gaan uitdraf.

Toeskouers van dié toetswedstryd word aangemoedig om bewus te wees van die volgende om hulle te help om die beste moontlike ervaring te hê.

Toeskouers met ’n Toyota kwalifiseer vir gratis parkering, slegs as jy jou geldige wedstryddagkaartjie toon. Hierdie parkering word via Parkweg verkry, maar dis ’n geval van kom eerste, kies eerste, solank dit beskikbaar is.

‘Voertuie wat op onwettige plekke geparkeer is, sal weggesleep word’

Die volgende paaie sal gesluit bly van 06:00 tot ná die wedstryd;

• Horaklaan, van Eerstelaan tot by Parfittweg;

• Betogersweg, van Parkweg tot by Att Horaklaan;

• Zola Budd, van Kings Way tot by Att Horaklaan; en

• Kings Way, van Parfittweg tot Castle Deck.

Parkering is beskikbaar by die Loch Logan Waterfront, maar as daar op die sypaadjies, voor noodhekke óf op ander onwettige plekke geparkeer word, sal jou voertuig weggesleep word.

Paaie wat gesluit sal wees. Foto verskaf

Maandag (15/07) was kaartjies reeds amptelik aanlyn uitverkoop. Mense word gemaan om nie die prooi te word van bedrieërs wat kaartjies rondom die stadion verkoop nie, en om nie kaartjies van ander webtuistes as die amptelike www.ticketpros.co.za te koop nie.

As jy jou kaartjies aanlyn gekoop het, kan jy dit by die hek op ’n uitgedrukte A4-papier wys, óf as ’n PDF op jou selfoon vertoon. ’n Skermskoot van die kaartjie is nie ’n goeie idee nie, aangesien die strepieskodeleser nie die strepieskode sal kan lees nie.

Vriendelik beamptes by die ingange sal jou help met enige navrae. Toeskouers word ook aangemoedig om hul kaartjie aan te bied wanneer hulle versoek word om dit te doen.

‘Kos en drinkgoed sal in die stadion verkoop word’

Hekke maak om 12:00 oop vir almal en sitplekke word via die kaartjiestelsel bespreek; maak dus seker dat jy jou sitpleknommer onthou en die regte plek inneem.

Sterk drankies en braais is verbode, maar kos en drinkgoed sal in die stadion verkoop word. Geen vuurwapens of wapens van enige aard sal in die stadion toegelaat word nie.

Geen beroepskameras of -videokameras sal toegelaat word nie, aangesien die spelers beroepsportmanne is en hul beeldregte beskerm word.

‘Toeskouers word aangemoedig om saam te werk tydens sekuriteitsinspeksies’

Daar is aangewese rookgebiede op die perseel.

Toeskouers word ook aangemoedig om saam te werk tydens sekuriteitsinspeksies en liggaamskontroles.

Aankoms twee uur voor die tyd word aangemoedig om teleurstelling te voorkom.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.