On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Central SA

Vermiste vrou van Welkom se huis verwoes, motor beskadig

───   HEIDRÈ MALGAS 13:21 Tue, 16 Jul 2024

Vermiste vrou van Welkom se huis verwoes, motor beskadig | News Article
Disebo Portia Mosupa (30), ’n werknemer van die Matjhabeng-munisipaliteit, word vermis. Foto verskaf

Eers het haar pa, Makhelemele Mosupa, sy dogter se huis in Reitzpark besoek en die hek was gesluit. Hy het toe haar kêrel gekontak, wat vir hom gesê het die huis is nie gesluit nie, en haar pa het daarheen teruggejaag.

’n Vrou van Welkom is deur haar pa as vermis aangemeld nadat haar huis verwoes en haar motor beskadig gevind is.

“Disebo Portia Mosupa (30), ’n werknemer van Matjhabeng-munisipaliteit, is glo Vrydag die laaste keer gesien,” sê Stephen Thakeng, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

“Eers het haar pa, Makhelemele Mosupa, sy dogter se huis in Reitzpark besoek en die hek was gesluit. Hy het toe haar kêrel gekontak, wat vir hom gesê het die huis is nie gesluit nie, en haar pa het daarheen teruggejaag.”

‘Daar was merke wat daarop dui dat iets moontlik by die huis uitgesleep is’

“By hul aankoms om 18:30 was die hek wawyd oop, die kombuisdeur was nie gesluit nie, die motorsleutels het binne-in die huis gelê, klere was op die vloer en na die kombuisdeur toe versprei en daar was merke wat daarop dui dat iets moontlik by die huis uitgesleep is.”

“Toe die motorhuis oopgemaak is, was die regterkantse wiele van die motor erg beskadig.”

Die voorval is aangemeld en die polisie stel ondersoek in.

Die vermiste Disebo Portia Mosupa. Foto verskaf

“Die kantoor van die uitvoerende burgemeester doen ’n dringende beroep op die gemeenskap om Disebo te help opspoor,” sê Tshediso Tlali, burgemeesterswoordvoerder van Matjhabeng. Sy is die waarnemende jeugontwikkelingsbeampte by die munisipaliteit.

Enigiemand met inligting wat kan lei tot die opsporing van die vermiste Disebo Mosupa, kan speursers. Zuzeka Kobuwe van Welkom-speurdienste bel of ’n Whatsapp stuur na 078-683-9201, of na Stop Misdaad by 08600-10111.

‘Tiener van Odendaalsrus amper ’n week later veilig gevind’

In ’n afsonderlike voorval is ’n tiener (16) van Odendaalsrus, wat deur haar ouma as vermis aangemeld is, amper ’n week later veilig gevind.

“Kelebogile Joy Majoro is Saterdag gevind in ’n oop veld in die K4-afdeling van Kutloanong, Odendaalsrus,” sê Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, nadat wyd na haar gesoek is.

“Elke leidraad is opgevolg deur die ondersoekspan, gelei deur kapt. Kaiser Chalube.”

Majoro is verlede Sondag (7/7) omstreeks 10:00 die laaste keer in Kutloanong gesien.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.