Central SA
Man van Kakamas skuldig bevind aan verkragting─── CHARNÉ VAN DER MERWE 10:00 Wed, 17 Jul 2024
“Die beskuldigde het die slagoffer gedreig dat hy haar sou doodmaak indien sy skree.”
’n Man (46) van Kakamas is Dinsdag (16/7) tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan verkragting.
“Die beskuldigde is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis waarvan drie jaar vir vyf jaar opgeskort is,” sê Molefi Shemane, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder.
Hy sê die meisie (17) is op 4 Maart 2020 op pad huis toe deur die man oorval. “Die beskuldigde het die slagoffer gedreig dat hy haar sou doodmaak indien sy skree. Hy het haar na ’n verlate huis gesleep en haar verkrag.”
Sy het die verkragting by die Kakamas-polisiekantoor aangemeld en hy is in hegtenis geneem.
OFM Nuus het vroeër berig oor ’n pa (32) van Mangaung wat sy seun (7) verkrag het.
"Op 17 September verlede jaar, omstreeks 22:00, het die minderjarige seun aan sy ma vertel dat sy pa hom aan die agterkant van sy liggaam seergemaak het en toe vir sy ma gewys wat sy pa gedoen het,” het Loraine Earle, Vrystaatse polisiewoordvoerder, gesê.
Die man is die dag ná die verkragting in hegtenis geneem.
OFM Nuus dg

