Central SA
Dihlabeng-inwoners sal aanhou veg teen dwelmsmouse─── 08:07 Sun, 21 Jul 2024
“Bowenal gee ons lof aan ons gemeenskap vir hul onwrikbare betrokkenheid by die bekamping van dwelms.”
Die gemeenskap van Dihlabeng, Bethlehem, sal nie hul stryd teen die bekamping van dwelmhandel laat vaar nie.
Hulle gaan voort met hul pogings teen dwelmsmouse in hierdie gebied in die Vrystaat. Sommiges klassifiseer hulle as die moordenaars van môre se leiers van Suid-Afrika.
Vroeër hierdie maand het die skuldigbevinding van twee Nigeriërs CJ (8 jaar) en China (15 jaar) in die Bethlehem-landdroshof 'n morele hupstoot en 'n aanmoediging aan almal gegee om die stryd teen dwelms te verskerp. Verskeie belanghebbendes is deur Dihlabeng se plaaslike munisipaliteit geprys omdat hulle volle verantwoordelikheid geneem het om dié dwelmhandelaars aan die kaak te stel.
Een van die gemeenskapslede, Eric Borole, het met OFM Nuus oor die vonnisoplegging gepraat: “Ons het genoeg gehad van mense wat dwelms aan ons kinders verkoop. Hierdie pandemie het vinniger versprei as selfs Covid of MIV/vigs.”
Borole het bygevoeg dat die gemeenskap saamwerk om te verseker dat almal wat die jeug se toekoms vernietig, voor die hof gebring moet word. Hy het egter genoem dat die twee dwelmsmouse lewenslank gevonnis moes word.
Nog ’n inwoner, Mathapelo Moletsane, het gesê sy is ’n ouer van ’n tiener wat dwelms gebruik. Sy het belowe om saam met die ander inwoners te staan om dwelmhandel wortels en tak uit die Dihlabeng-gebiede te verwyder.
Tshidiso Maitse, die bemarkings- en kommunikasiebestuurder van die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit, verwelkom die goeie werk wat die gemeenskap teen die handelaars doen.
‘Dié mense vernietig ons kinders se toekoms’
Maitse het namens die kantoor van die uitvoerende burgemeester, Tseki Tseki, gesê hulle gee lof aan die SAPD en hul landdros vir hierdie skuldigbevinding. “Bowenal gee ons lof aan ons gemeenskap vir hul onwrikbare betrokkenheid by die bekamping van dwelms.
“Die kantoor van die Uitvoerende Burgemeester sal saam met gemeenskappe en wetstoepassingsagentskappe staan totdat geen onwettige dwelms meer in Dihlabeng gesmous word nie.
“Ons kan nie in dieselfde gemeenskap leef met mense wat die toekoms van ons kinders vernietig nie,” het hy bygevoeg. Die gevolg van kinders wat dwelms gebruik, is dat hulle skool verlaat en by kriminele aktiwiteite betrokke raak. Dihlabeng het ook ’n slegte geskiedenis van tieners wat by bende-aktiwiteite betrokke raak.
