On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

‘Toekoms van Springbokrugby in veilige hande’ – Joggie Jansen

───   09:06 Sun, 21 Jul 2024

‘Toekoms van Springbokrugby in veilige hande’ – Joggie Jansen | News Article
Van die rugbylegendes wat gister se stryd tussen die Bokke en Portugal bygewoon het, was Gerrie Germishuys, Joggie Jansen en Barry Wolmarans. Foto: Facebook

“Ek wonder net hoeveel rooi kaarte sou ek in my tyd moes verduur.”

Die toekoms van Springbokrugby is veilig in die hande van die nuwe generasie jong spelers. So sê oud-Springbok Joggie Jansen, ná afloop van gisteraand se 64-21 sege teen ’n dapper Portugal in hul eenmalige Toets in Bloemfontein.

Jansen het in 1964 as sestienjarige vir Griekwas gespeel by die eerste Cravenweek-toernooi ooit. Ná skool studeer hy aan die Universiteit van die Vrystaat, speel provinsiale rugby vir die Vrystaat én was hy ook ’n lid van die Vrystaatse span wat die Curriebeker in 1976 gewen het.


Jansen het sy buiging vir die Springbokke in 1970 teen Nieu-Seeland op Loftus Versfeld in Pretoria gemaak en in al vier Toetse tydens dié reeks teen die All Blacks gespeel. Sy laaste Toetswedstryd was die verloortoets teen Engeland in 1972.


“Dis jammer dat Esterhuizen so vroeg in die wedstryd met ’n rooi kaart van die veld moes afgaan. Ek wonder net hoeveel rooi kaarte sou ek in my tyd moes verduur. Maar, baie geluk! Dit was lekker en wonderlik, en dankie vir die vol stadion wat groot atmosfeer verleen het,” sê Jansen.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.