On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Agt in Noordwes weens veediefstal aangekeer

───   KEKELETSO MOSEBETSI 10:51 Sun, 21 Jul 2024

Agt in Noordwes weens veediefstal aangekeer | News Article
Die vee is in die taxi’s vervoer. Foto verskaf

“Die verdagtes, tussen 23 en 45 jaar oud, kon nie vir die vee rekenskap gee nie en is dadelik in hegtenis geneem.”

Die polisie in Noordwes het in die eerste voorval ses verdagtes naby Potchefstroom in hegtenis geneem weens beweerde veediefstal.

Die verdagtes is in twee afsonderlike voorvalle aangekeer ná die diefstal van skape en bokke. 

Die eerste voorval het Vrydag (19/7) in die vroeë oggendure plaasgevind. Polisiewoordvoerder Adéle Myburgh van Noordwes sê die polisie het inligting ontvang oor ’n voertuig op die N14, tussen Ventersdorp en Carletonville. Sy sê die Klerkskraal-polisie het met die hulp van die Potchefstroom-blitspatrollie daarin geslaag om twee taxi’s voor te keer. By nadere ondersoek het beamptes 30 skape en 18 bokke in die taxi’s gevind.

Een van die taxi’s wat na bewering vir veediefstal gebruik is. Foto verskaf

Die ses verdagtes, tussen 23 en 45 jaar oud, kon nie rekenskap van die vee gee nie en is dadelik in hegtenis geneem. Hulle sal Maandag (22/7) in die Ventersdorp-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.

Myburgh het verder gesê later dieselfde aand het die Boons-polisiebeamptes op patrollie op die R509, tussen Derby en Magaliesburg, ’n Toyota Quantum-taxi opgemerk. Toe dié voertuig gestop is, het twee van die vier insittendes van die toneel gevlug. 

Van die beweerde gesteelde bokke. Foto verskaf

Die taxi het 37 bokke vervoer. Die oorblywende twee kon nie verantwoording doen vir die bokke nie en is in hegtenis geneem. Dié verdagtes, onderskeidelik 30 en 38 jaar oud, sal Maandag (22/7) in die Koster-landdroshof verskyn vir die besit van vermoedelik gesteelde bokke.

Myburgh het opgemerk dat die vee in beide gevalle nie gemerk was nie. Sy het boere versoek om hul diere te merk vir identifikasie-doeleindes om sodoende te help om diefstal af te weer.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.