On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Verdagte vas ná moord in Bloemfonteinse kuierbuurt

───   HEIDRÈ MALGAS 10:08 Wed, 24 Jul 2024

Verdagte vas ná moord in Bloemfonteinse kuierbuurt | News Article
Verdagte vas ná moord in Bloemfonteinse kuierbuurt. Foto verskaf

“Die man is een van die verdagtes wat vermoedelik die oorledene aangerand het. Sy identiteit is nog onbekend.”

’n Man is in hegtenis geneem vir die moord op ’n man wat Maandag (22/7) in die parkeerterrein oorkant verskeie kuierplekke in Tweedelaan, Westdene, gevind is.

Die man (31) is een van die verdagtes wat vermoedelik die oorledene aangerand het. Sy identiteit is nog onbekend.

“Die oorledene was tydens die aanval in die geselskap van ’n ander man. Die man het dit reggekry om weg te kom,” sê Thabo Covane, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Die eerste verdagte is Dinsdag (23/7) omstreeks 21:55 in hegtenis geneem en nog inhegtenisnemings word binnekort verwag.

Video’s op sosiale media  wys hoe verskeie mans ’n man in Tweedelaan aanval. In die video kan gesien word hoe die slagoffer geskop en met sy kop op die teer oor die pad gesleep word. Daar is ook op hom gespring. Hy is daarna na die oop parkeerterrein gesleep.

Die oorledene het rastalokke en het ’n veelkleurige kappietop met die syfer “10” agterop, ‘n swart sweetpakbroek en lemmetjiegroen tekkies aan gehad.

‘Wenke kan gestuur word via die MySAPS-app’

Die polisie vra dat die man wat gevlug het vir David Ramasoala, ondersoekbeampte, by 082 468 1624 bel omdat hy moontlik die oorlede kan identifiseer. Enigiemand met nog inligting kan Stop Misdaad by 08600 10111 bel. Anonieme wenke kan gestuur word via die MySAPS-app vanaf ’n slimfoon.

OFM Nuus/Heidre Malgas dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.