Central SA
Rumoer oor raadslid se uitlating oor boere─── CHARNÉ VAN DER MERWE 06:00 Mon, 29 Jul 2024

“Sy optrede ruik na haat op grond van ras en etnisiteit en hy behoort die gevolge van sy onaanvaarbare uitbarsting te dra.”
‘n Strafregtelike klag is Vrydag (26/7) deur die VF Plus ingedien teen ‘n EFF-raadslid wat Donderdag gedurende die stadsraadsvergadering in die Tshwane-metro gesê het hy wil graag ’n “Boer moer” omdat hy “die bloed van ’n Afrikaner” soek.
In die realiteitsreeks het die boere hul redes waarom hulle hieraan deelneem, op Facebook gedeel.
Hoewel Obakeng Ramabudo, bra teësinnig, om verskoning gevra het vir sy Boer-uitlating, het die VF Plus ook ’n klag by die speaker van die raad ingedien in terme van die oortreding van die gedragskode vir raadslede. ’n Kriminele klag sal ook Maandag (29/7) aanhangig gemaak word, het Grandi Theunissen, die VF Plus se burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, aan OFM Nuus gesê.
Volgens Theunissen het die vergadering in chaos verval toe ANC- en EFF-raadslede burgemeester Cilliers Brink voortdurend onderbreek het en hom nie toegelaat het om te praat nie. Die vergadering is tot verdere kennisgewing uitgestel.
Die MMA-gevegspromotor Versus-promosies en Media24 het 12 doodgewone maar rateltaai plaasboere gekies wat spesiaal in die MMA-gevegkuns opgelei sal word. Volg dié boere se reis na die bokskryt in “Moer ’n Boer” op VIA (Dstv-kanaal 147) vanaf 25 Julie.
‘Verskoning maak nie haatspraak ongedaan’
Willie Aucamp, DA-woordvoerder, sê die feit dat Ramabudo verskoning gevra het, maak nie sy haatspraak ongedaan nie. “Die DA aanvaar beslis nie daardie verskoning nie.”
“Die rassistiese uitlatings dat hy ’n boer wil moer en dat hy die bloed van ’n Afrikaner soek, ’n stelling wat hy drie keer herhaal het is, ’n veragtelike uitlating wat beslis op haatspraak neerkom en die DA sal alles in sy vermoë doen om hierdie persoon aan die pen te laat ry vir hierdie uitlatings wat hy gemaak het,” sê Aucamp. Hy sê ook dat Brink ’n strafregtelike klagte by die SAPD teen Ramabudo ingedien het.
Die DA is van mening dat hierdie uitlatings deur die EFF-raadslid op uiterste vorme van haatspraak neerkom en ons sal hierdie aangeleentheid beslis na die Menseregtekommissie verwys.
Die EFF-leier Obakeng Ramabodo soek Boere Afrikaner bloed. Hy wil vandag 'n Boer moer, hy soek 'n Boer se bloed op sy hande. Hierdie is ergste vorm van haatspraak en aanhitsing tot geweld teen die Afrikaner. @VFPlus @VFplusGP @PretoriaFM #haatspraak #tshwane pic.twitter.com/bm53zcVNGM
— Grandi Theunissen (@grandi_theun) July 25, 2024
“Die VF Plus veroordeel met minagting die rassistiese uitsprake wat deur Ramabodu tydens die Tshwane Metro se raadsvergadering gemaak is. Ons wil 'n harde en duidelike boodskap uitstuur dat sulke optrede nie geduld sal word nie. Die VF Plus sal dit nie duld dat die Afrikaner so verneder en gedreig word nie,” sê Theunissen en voeg by dat volgens die Grondwet, spesifiek artikel 16 oor die vryheid van uitdrukking, is daar sekere beperkings op die reg om jou mening te sê.
“Die reg in subartikel (1) strek nie tot — (a) propaganda vir oorlog; (b) aanhitsing van dreigende geweld; of (c) voorspraak van haat wat gebaseer is op ras, etnisiteit, geslag of godsdiens nie, en wat aanhitsing om skade aan te rig daarstel. Ramabodu se optrede ruik na haat op grond van ras en etnisiteit, en hy behoort die gevolge van sy onaanvaarbare uitbarsting te dra,” sê Theunissen.